Plastieksakke in parke verbode
Die minister van die omgewing en toerisme sê meer toeriste beteken meer vullis.
Francoise Steynberg - Die minister van die omgewing en toerisme het Donderdag by die Daan Viljoen Nasionale Park buite Windhoek amptelik aangekondig plastieksakke word voorts in nasionale parke en beskermde gebiede verbied.
"Niemand mag 'n wildpark of natuurreservaat met 'n plastieksak betree nie," het die minister, mnr. Pohamba Shifeta, gesê en bygevoeg oortreders sal met N$500 beboet word of tronkstraf van ses maande of beide opgelê word.
Shifeta het gesê die wysiging aan die natuurbewaringsordonnansie maak wel voorsiening vir uitsonderings.
Plastieksakke wat wel in parke toegelaat word, is sakke vir vullisverwydering, dié wat vir landboudoeleindes ontwerp is, wat vir monsters of analise gebruik word, wat deel is van verpakking, asook deurskynende, herseëlbare sakke.
Die minister het 'n beroep op alle toeroperateurs, toerismeverenigings en die Namibië Toerismeraad gedoen om toeriste in te lig om nie plastieksakke in beskermde gebiede in te neem nie.
"Ons sal hierdie verbod in die komende maande toepas. Namibië se wildparke en natuurreservate is gebiede van besondere natuurlike en ekologiese waarde, wat bestuur word om die ekologiese ongeskondenheid en langtermynbewaring van die omgewing te verseker," het Shifeta gesê.
"Die verhoogde toeristegetalle en daarmee saam die hoeveelheid vullis wat toeneem, is 'n bedreiging vir die ekologie van hierdie gebiede.
"Ons glo die gesondheid en beeld van hierdie belangrike gebiede vir biodiviesiteit en toerisme sal deur hierdie verbod bevorder word.
"Ons wil nie plastieksakke in hierdie gebiede sien rondwaai wat deur ons wild geëet word nie," het Shifeta gesê.
Hy het ook parkpersoneel wat by ingangshekke werk, versoek om voertuie deeglik te ondersoek en beslag op plastieksakke te lê.
Borde met kennisgewings sal by alle ingangshekke van beskermde gebiede geplaas word om besoekers van die nuwe reëls in te lig.
Shifeta doen 'n beroep op belanghebbendes om geen plastiek in ons beskermde gebiede toe te laat nie "sodat die huidige geslagte diere en mense 'n gesonde en skoon omgewing sonder die risiko's van plastiekbesoedeling kan geniet".
Volgens die minister strook dié aankondiging met die Nasionale Soliede Afvalbestuurstrategie, wat vroeër van stapel gestuur is en toewyding toon om besoedeling in die land te beheer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie