Plan vir N‡aJaqna hersien

Een plaas beplan

23 September 2019 | Omgewing
Catherine Sasman - Die ministerie van grondhervorming (MLR) het ’n plan om nege plaaseenhede in die N‡aJaqna-bewaringsgebied in die Tsumkwe-Wes-gebied op te rig, hersien.

Slegs een toetsplaas sal gevestig word.

Die ministerie het aanvanklik beplan om nege eenhede van 2 500 ha elk te vestig as deel van 'n N$20 miljoen-projek vir landboukommersialisering onder sy Program vir Kommunale Grondontwikkeling (PCLD).

Dié idee het groot teenstand van die plaaslike San-gemeenskap onder die leierskap van die bewaringsgebied se voorsitter, me. Sarah Zungu, gekry.

Sy meen dit sou slegs enkele mense ten koste van ander bevoordeel.

Die idee was om agt van die nege plase nie te omhein nie en vir die eerste vyf jaar uit te verhuur om as inkomste vir die San-gemeenskappe te dien.

Ná die vyf jaar sal die gemeenskappe dan die eenhede oorneem.

Volgens die oorspronklike plan sou een van die plase as ’n “modelplaas” gebruik word.

’n Gemeenskapstoerismeprojek en gemeenskapstuin was ook deel van hierdie plan.

Zungu het vroeër gevra of die voorgestelde plase suksesvol verhuur kan word.

Hy het aangevoer geen meganismes bestaan om te verseker dat huur betaal word nie en daar is geen waarborg dat huurders nie meer onwettige heinings in die gebied sou begin oprig nie.

Die N‡aJaqna-bewaringsgebied het tydens die konsulstasieproses in Junie 2018 voorgestel die PCLD-projek moet liewer oorweeg om N$10 miljoen in 10 nuwe boorgate in 10 San-nedersettings belê.

Daar is ook voorgestel N$2,6 miljoen word aan sonkraginfrastruktuur in die San-nedersettings bestee, en dat die gemeenskappe in die oprigting van hul eie tuine ondersteun word.

Dit het ook hulp versoek om gemeenskappe se eie tuine te begin.

Nog ’n voorstel was N$6,8 miljoen vir ’n lewende museum en ’n kampeerterrein. In daardie stadium het die twee bestaande lewende museums in die stof gebyt en die Omatako-kampeerterrein is laat vaar.

NUWE PLANNE

Mnr. Chrispin Matongela, ministeriële woordvoerder, het op 9 September gesê die nege plase was “slegs ’n voorstel” wat in die deelnemende fase van plaaslike beplanning gemaak is.

Hy het erken die ministerie kon nie tot ’n vergelyk met rolspelers oor sy oorspronklike idee kom nie.

Hy het gesê die plaaslike gemeenskap is daarom nie deel van die ministerie se beleggingsplan nie.

Matongela het gesê die idee van een modelplaas sal ontwikkel en gebruik word om landbou-opleiding aan die San-gemeenskap van die Aasvoëlnes-omgewing te verskaf.

’n Toeristesentrum, drie boorgate en ’n tuin sal aangebring word teen sowat N$14 miljoen.

Die werklike kosteberamings is nog nie afgehandel nie, omdat die ministerie nog ingenieurs moet betrek om spesifikasies te bepaal, en tenderdokumente moet nog opgestel word.

“Eers as die ingenieurs klaar is, sal die ministerie weet hoeveel die infrastruktuur gaan kos, maar vir nou het ons slegs ’n rowwe kosteberaming,” het Matongela gesê.

Soortgelyk

 

Man steel glo mediese toerusting by staatshospitaal

7 ure gelede | Misdaad

Die polisie in die Kavangostreek het ’n man in hegtenis geneem wat na bewering mediese toerusting uit die staatshospitaal op Rundu gesteel het. Die man...

Man met hope wildprodukte vas

8 ure gelede | Misdaad

'n Namibiese man is verlede week op Divundu met 'n groot verskeidenheid beheerde wildprodukte glo in sy besit in hegtenis geneem. Mnr. Katoima Kandunda is...

Vol ambulans bots teen bees

12 ure gelede | Ongelukke

Drie staatspasiënte is vanoggend lig beseer toe ‘n ambulans van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ‘n bees op die hoofpad tussen Otavi en...

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

23 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Media 'mishandel' Hage

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

23 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

23 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...