Plaasvoorman skiet glo werker dood
Denver Kisting – ’n 65-jarige plaasvoorman verskyn na verwagting vanoggend (Donderdag) in die landdroshof op Mariental op 'n klag van moord.
Dít kom nadat hy glo op ’n plaas sowat 20 km buite dié dorp ‘n .22-geweer skoongemaak en ’n plaaswerker, mnr. Paulus Kampasi (36), noodlottig getref het toe ’n skoot na bewering per ongeluk afgegaan het.
Adj.komm. Eric Clay, die misdaadkoördineerder van Hardap, sê Kampasi is na ’n hospitaal gehaas, waar hy by sy aankoms dood verklaar is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie