Plaaslike skilder ’n gunsteling by veiling

Drie uitstaande voorbeelde van Adolph Jentsch se werk is van die hoogtepunte van die veilingshuis Strauss & Co se komende aanlyn veiling vandeesmaand.
Yandi Du Plessis
Adolph Jentsch, 'n Duits gebore Namibiese skilder, word geloof vir sy vermoë om die eindelose uitsig en unieke atmosfeer van sy aangenome land se uitgestrekte landskappe op die skilderdoek vas te vang.

Drie uitstaande voorbeelde van sy werk is van die hoogtepunte van die veilingshuis Strauss & Co se komende aanlyn veiling later dié maand. Die oudste van die drie is in 1938 geskilder, kort ná die kunstenaar se aankoms in die land wat hy vir die res van sy lewe sy tuiste sou noem.

Jentsch is in 1888 in Dresden gebore en is by die prestige Dresden Academy of Fine Arts opgelei, waar sy paaie met dié van bekendes soos Max Pechstein, Kurt Schwitters en George Grosz gekruis het.

In teenstelling met hierdie kontemporêre kunstenaars wat die weg gebaan het vir die “avant-garde”-bewegings, het Jentsch hom toegewy aan 'n meer tradisionele en introspektiewe styl van landskapskilderkuns.

Sy inspirasie was die Europese romantikuste en die Barbizon-skool, van JMW Turner en Caspar David Friedrich tot Théodore Rousseau en Jean-Baptiste-Camille Corot.

Hy was aangetrokke tot hul toewyding aan die natuur en ontroer deur die vars perspektiewe van hul skilderye. 'n Ander invloed was Chinese landskapskilderkuns, waarby hy met sy geestelike benadering aanklank gevind het en wat sy kalligrafiese kuns geïnspireer het.

Jentsch, geskok deur sosio-politiese veranderinge, professioneel in 'n blik gedruk, en in die nasleep van die Nazi's se berugte Degenerate Art Exhibition in München (Julie tot November 1937), het Dresden sy land vir die destydse Suidwes-Afrika verlaat en laat in Februarie 1938 hier aankom.

Hy het aanvanklik tuisgegaan by die Dietterle-gesin – kennisse van Dresden – op hul plaas Kleepforte, 100 km buite Windhoek.

Die kunstenaar is sonder twyfel geïnspireer deur sy nuwe omgewing. Hierdie vroeë gevoel van ontsag kom duidelik na vore in “Evening, Sheepfold”, wat in die eerste weke ná sy aankoms geskilder is en waarvan die waarde tussen N$700 000 en 'n miljoen geskat word.

Dit is 'n donker, kalm en pragtige skildery wat wys hoe 'n groot trop karakoelskape in hul klipmuurhok sit. Hul verskillende pelse van bruin, silwer en swart skyn saggies in die lig wat besig is om te verdof, terwyl die grasveld daarbuite, verbleik en droog, tot by 'n reeks lae heuwels strek. Die lug is 'n ongelooflike gesig: Jentsch skilder 'n vlak boog van skakerings van blou en 'n helder pienk stralekrans bo die horison.

Jentsch het teen sy eerste Augustus in die land genoeg groot kunswerke geskilder om 'n tentoonstelling in die Blue Room van die Grossherzog Hotel in Windhoek aan te bied. Dit was van 8 tot 22 September 1938. Met die gebrek aan rekords kan mens aanneem dat “Evening, Sheepfold” ook daar uitgestal is. Die resensent van die Windhoek Advertiser was beslis beïndruk: “Sy kuns is eg en diep en verwyder ons van die roetine van ons materialisme.”

Die twee ander kunswerke wat opgeveil word, is “S. W. Afrika Landscape” vir 'n waarde van tussen N$500 000 en N$700 000 en “Extensive Landscape” wat tussen N$200 000 en N$300 000 geskat word.

Dié werke is klassieke voorbeelde van Jentsch se vaardigheid om 'n gevoel van stilte en kalmte vas te vang. Dit spreek van 'n diep waardering van die natuur, volgens kunskenners.

Strauss & Co se May Virtual Live-veiling het afgelope Sondag begin.

Drie bodsessies van moderne, post-oorlog- en kontemporêre kuns het Maandag en gister plaasgevind.

Alle items kan op die Strauss & Co-webwerf en in die interaktiewe digitale katalogusse besigtig word. Verskeie video's oor spesifieke werke en kunstenaars wat wissel van swaargewigte op die kunsmark soos William Kentridge en Irma Stern, tot die meester van die surrealisme, Keith Alexander, kan gesien word.

Jentsch is nie die enigste Namibiese kunstenaar wat onlangs internasionaal opslae gemaak het nie. Die linosnee “Zimbabwe House” van die ontslape John Muafangejo het nie net die hoogste prys op 'n hoogs suksesvolle aanlyn veiling van Strauss & Co behaal nie, maar ook die hoogste prys wat nóg vir een van sy werke betaal is.

Altesame 114 bieërs van ses lande het 76% van die werke in sy Orde Levinson-versameling gekoop, wat R3,36 miljoen ingebring het. Die hoogste prys vir een van sy werke, Big Tree, was N$455 200.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 410.09/OZ UP +1.35% | Copper US$ 5.01/lb UP +3.47% | Zinc US$ 3 047.50/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.03/BBP UP +0.30% | Platinum US$ 1 080.75/OZ UP +1.80% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 410.09/OZ UP +1.35% | Copper US$ 5.01/lb UP +3.47% | Zinc US$ 3 047.50/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.03/BBP UP +0.30% | Platinum US$ 1 080.75/OZ UP +1.80%