Plaaslike kuns pronk by Droombos
As deel van 'n inisiatief om plaaslike talent te ondersteun, word die werk van die kunstenaar Hage Nasheotwalwa tans by Droombos uitgestal.
Hage illustreer mense se emosies en uitdrukkings, en beeld hoe hulle leef en met mekaar omgaan op die skilderdoek uit.
Sy ontvanklikheid vir verskillende skeppingsmediums het hom 'n wye perspektief op kuns gegee, wat hom die vryheid gee om verskillende kunsvorme te meng. Hage het alreeds verskillende kunsuitstallings in lande oraloor die wêreld aangebied, onder meer in Engeland, Amerika, Duitsland, Nederland, Finland, Swede en Spanje.
Sy kunswerke kan daagliks tussen 09:00 en 19:00 besigtig word, en uitgesoekte kunswerke is te koop. Besoekers kan by die Droombos-ontvangs aanmeld.
Die uitstalling duur tot einde vandeesmaand. Kontak [email protected] of 061 224 144 vir meer inligtintg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie