Plaaslike IEB internasionaal erken
Plaaslike IEB internasionaal erken

Plaaslike IEB internasionaal erken

Die eerste eksamens in die Internasionale Sekondêre Sertifikaat-leerplan sal aanstaande jaar deur graad 12-leerlinge geskryf word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-skole in Namibië sal vanaf aanstaande jaar ’n leerplan volg wat ’n internasionale kwalifikasie sal verseker.

Die IEB het die Internasionale Sekondêre Sertifikaat (ISC) ontwikkel wat die Nasionale Senior Sertifikaat (NSC) vervang wat tans deur ’n aantal skole in Namibië aangebied word.

Volgens die uitvoerende hoof van IEB, me. Anne Oberholzer, is die kwalifikasie gemeet aan standaarde by universiteite in Suid-Afrika wat beteken suksesvolle studente in ISC is geskik vir toelating tot beide openbare en private tersiêre instellings, insluitend universiteite.

Die ISC-kwalifikasie is ook gemeet aan standaarde van Ecctis Ltd. in Brittanje en die 20 kredietvakke is volgens Oberholzer gelykstaande aan die gevorderde vlak (AS)-kwalifikasie. Die 30- en 36-kredietvakke is gelykstaande aan die A-vlak.

“Ecctis Ltd. evalueer buitelandse kwalifikasies namens die Britse regering. IEB-skole in Namibië sal vanaf aanstaande jaar dié leerplan volg wat bogenoemde internasionale kwalifikasie verseker,” het sy verduidelik.

Volgens Oberholzer begin die ISC-leerplan in graad 10. Die eerste eksamens sal egter deur graad 12-leerlinge aanstaande jaar geskryf word.

“Dié leerlinge het die NSC-leerplan in grade 10 en 11 gevolg en dit sal daarom nodig wees om van die NSC-leerplan na die ISC-leerplan oor te gaan.”

Volgens haar sal wysigings vanaf aanstaande jaar leerlinge in graad 10 en tot ’n mindere mate leerlinge in graad 11 raak.

Sy het beklemtoon graad 12-leerlinge in 2022 sal “baie voldoende voorbereid wees” vir die ISC-eksamens aanstaande jaar.

“Veranderinge sal gering wees en skole is reeds deur ons evalueringspesialiste ingelig oor voorbereidings vir eksamens.

Die IEB sal die nodige ondersteuning aan skole verskaf. Dit is bykomend tot konferensies vir onderwysers om te verseker hul voorbereiding vir graad 10- en 11-leerlinge is meer as voldoende om hul vir hul graad 12 voor te berei.”

IEB sal voorts ook voorbeelde van eksamenvraestelle verskaf sodat leerlinge bekend is met die uitleg van die vraestel, die nuwe kentekens en kan sien die tipe vrae is baie soortgelyk aan dit waaraan hulle voorheen in die NSC blootgestel is, het Oberholzer gesê.

Volgens haar het die IEB “plaaslik en internasionaal” ’n baie goeie reputasie.

“Die IEB het ’n rekord van sowat 250 universiteite oraloor die wêreld wat studente van IEB-skole het wat suksesvol was in die NSC wat deur IEB aangebied word.”

Daarmee saam aanvaar verskeie universiteite IEB-studente omdat hulle suksesvol die gevorderde program-vakke voltooi het.

“Dié uitbreidingsprogramme is ontwikkel vir Engels en Afrikaans sowel as vir wiskunde en fisika. In die ISC is die gevorderde programme opgeneem in die kwalifikasie as keusevakke. Dié vakke staan bekend as verdere studievakke, ofte wel 30- en 36-kredietvakke.”

Die nuwe kwalifikasie word aanstaande jaar buiten in Namibië ook in Eswatini (Swaziland) en Mosambiek bekend gestel.

Volgens Oberholzer is die doel om dit na onafhanklike skole in ander lande oraloor die vasteland en selfs oorsee uit te brei.

Oberholzer het beklemtoon dit is “beslis” nie ’n afgradering van die huidige NSC-leerplan nie.

“Inteendeel, met die insluiting van die verdere studievakke is dit ’n kwalifikasie wat op sy eie meriete internasionaal as ’n kwaliteitkwalifikasie staan.”

Om te versekering dat kwaliteit in kwalifikasies gehandhaaf word, het die IEB volgens Oberholzer ’n verhouding met die Universiteit Stellenbosch se eenheid vir internasionale geloofwaardigheid om die eksterne kwaliteitversekeringsproses van die IEB se stelsels en prosesse uit te voer.

“Die IEB het ’n lang geskiedenis van die uitvoer van kwaliteiteksamens, nie net in die werklike eksamineringsproses nie, maar ook in die integriteit van sy werksaamhede. Vrae is gerig op die begrip en toets van ’n student se vaardigheid om kennis en konsepte toe te pas, eerder as om net te onthou en te verduidelik.”

Volgens Obholzer gebruik die IEB baanbrekende veiligheidsmaatreëls in die beveiliging van eksamenmateriaal en die gebruik van tegnologie tot die voordeel van die integriteit in die uitvoer van eksaminerings. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 14° | 31° Rundu: 14° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 17° | 31° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:27, High tide: 06:24, Low Tide: 01:00, High tide: 19:07 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 13km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:22, Low Tide: 00:58, High tide: 19:05 Walvis Bay: 17° | 27° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:21, Low Tide: 00:58, High tide: 19:04 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 34° Oranjemund: 17° | 26° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 16° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 15° | 20° Durban: 19° | 32° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 26° Currency: GBP to NAD 23.36 | EUR to NAD 19.98 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.67 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1355 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26011.28 Up +5.57% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.84/OZ DOWN -0.0001 | Copper US$ 4.60/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 949.40/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.011 | Platinum US$ 946.51/OZ UP +3.62% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 14° | 31° Rundu: 14° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 17° | 31° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:27, High tide: 06:24, Low Tide: 01:00, High tide: 19:07 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 13km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:22, Low Tide: 00:58, High tide: 19:05 Walvis Bay: 17° | 27° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:21, Low Tide: 00:58, High tide: 19:04 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 34° Oranjemund: 17° | 26° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 16° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 15° | 20° Durban: 19° | 32° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.36 | EUR to NAD 19.98 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.67 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1355 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26011.28 Up +5.57% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.84/OZ DOWN -0.0001 | Copper US$ 4.60/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 949.40/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.011 | Platinum US$ 946.51/OZ UP +3.62%