Plaaslike grapjas hou solovertoning
Die bekroonde komediant KriswithaK is vanaand vir die eerste keer in ‘n solovertoning by die Chicago’s Bar en Restaurant in die Post Street Mall te sien.
Die titel van sy eenmanvertoning is Straight Outta Okongo, en gaan oor sy grootwordjare en persoonlike ervarings.
KriswithaK, ook bekend as KwK, is gebore as Kristian Hafunda en het in 2014 sy debuut op die Namibiese stand-up-komedietoneel gemaak. Sedertien tree hy gereeld by feeste, korporatiewe funksies en spesiale geleenthede op.
Kort voor lank het KwK bekend geraak onder Namibiërs, en het hy ‘n plek losgeslaan op die bekende Free your Mind-verhoog - 'n eer vir enige jong en opkomende komediant.
Tans studeer KwK media- en dramastudies aan die Universiteit van Namibië, waar hy binnekort sy honneursgraad sal voltooi. Hy het ook al in die buiteland opgetree, onder meer in Mosambiek, Zimbabwe en Suid-Afrika. In Oktober 2017 het KwK deelgeneem aan gesogte komediekampioenskappe in Suid-Afrika, waar hy as ‘n finalis geëindig het.
KwK het 'n merkwaardige talent en natuurlike vermoë om doodnormale stories op ‘n humoristiese wyse oor te dra. Hy slaag daarin om die lewe in die ‘ghetto’ met liefde en waardering uit te beeld. Kwk se stories is vir hom en sy “kamerade” ‘n manier om daagliks uitdagings te oorkom. Saam, sê hy, vind hul nuwe maniere om swaarkry te oorwin.
Mr Slick, een van die stigterslede van Free Your Mind Entertainment en 'n komedieveteraan, is vanaand die gasheer. Vilho en Taap the Man, beide bekend in komediekringe, gaan later die aand ook kort verskynings op die verhoog maak.
Gaan geniet ‘n aand van plaaslike komedie. Kaartjies is by die deur teen N$80 beskikbaar. Die show begin om 19:30 en gaan maagspiere behoorlik laat werk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie