Plaaslike Amerikaners sê oor verkiesing

Die wêreld hou saam met Amerika asem op wanneer hulle vanaand vir ’n president stem. Intussen het Republikein gaan kers opsteek by Amerikaners wat in Namibië woon.
Elvira Hattingh
Denver Kisting en Elvira Hattingh – Op die vooraand van die Amerikaanse presidentsverkiesing het pres. Donald Trump en Joe Biden, die Demokrate se presidentskanditaat, na sogenaamde “slagveldstate” vir steun in die verkiesing uitgereik.

Dit, terwyl daar vanjaar ’n rekordgetal kiesers by Amerikaanse stembusse verwag word. Volgens die U.S. Elections Project sal die meeste kiesers sedert 1908, of sowat 65% van stemgeregtigdes, na verwagting hul kruisies trek.

In die Amerikaanse politiek verwys die term slagveldstaat na dié wat redelikerwys deur enige van die presidentskandidate gewen kan word.

Intussen het Republikein met Amerikaners wat in Namibië woon oor die verkiesing gesels.

PLAASLIK

Die Amerikaanse ontleder wat in Namibië woon, mnr. Forrest Branch, meen statisties beskou, sal die stryd om 270 kieskollege-stemme te verower om die 2020 Amerikaanse presidentsverkiesing te wen, fel wees.

“Uit die 44 verkose of ingehuldigde Amerikaanse presidente voor pres. Donald Trump het net nege – of ongeveer 21% – nie daarin geslaag om weer verkies te word nie.

“Sedert 1 November 2020 het meer as 90 miljoen geregistreerde kiesers, wat 68% van die stemgeregtigde bevolking beslaan, reeds hul keuse uitgeoefen – óf in persoon óf deur posstemme uit te bring.”

Volgens hom sal albei kandidate en kiesers die state fyn dophou wat moontlik die deurslag kan gee.

Dit sluit in Michigan, Wisconsin, Pennsilvanië, Noord-Carolina, Ohio, Florida en Georgia, sê hy.

“Gegewe die uitwerking van Covid-19, en die tyd wat dit sal verg om die posstemme akkuraat te tel, sal uitslae waarskynlik vir die tweede keer in die Amerikaanse geskiedenis nie die aand van die verkiesing beskikbaar wees nie.

’n Ander Amerikaner wat in Namibië woon, me. Ginger Mauney, het gister haar wense vir vanjaar se verkiesing gedeel: “Eerlikheid. Empatie. Integriteit. ’n Leier wat daardie eienskappe na die presidensie bring, moet standaard wees, maar die laaste vier jaar – vererger deur Covid-19 – het bewys dié eienskappe kan nie as vanselfsprekend aanvaar word nie.”

Sy het gesê sy hoop vandag se verkiesing baan ’n nuwe weg vir Amerika “en ons sal terugkeer na die land wat ek onthou – net beter. Meer inklusief, meer dinamies, gelei deur ’n president wat groter ag slaan op die mense en die omgewing. Amerikaners verdien dit – en die res van die wêreld ook.”

FOKUSGEBIED

Trump het gister vir oulaas politieke saamtrekke in Noord-Carolina, Pennsilvanië, Wisconsin en twee in Michigan gehou, terwyl sy mededinger Biden op Pennsilvanië en Ohio gefokus het.

Tydens saamtrekke fokus Trump veral daarop hoe goed die Amerikaanse ekonomie tans groei, met ’n rekord van 33% groei wat in die derde kwartaal aangeteken is nadat dit 31% in die tweede kwartaal ingekrimp het.

Biden het tydens ’n veldtog in Philadelphia belowe om “sistematiese rassisme” in Amerika te takel en Trump ook gekritiseer oor hoe hy die Covid-19-pandemie hanteer en Amerikaners glo buite verhouding geraak het.

MENINGSPEILINGS

Terwyl Biden, ‘n voormalige visepresident, volgens meningspeilings (52%) ’n goeie voorsprong bo Trump (43%) as Amerika se gunsteling het, berig die BBC dat sy voorsprong kleiner was in sekere sleutelstate – wie se stemme deurslaggewend kan wees.

Nasionale meningspeilings bied dalk ’n goeie riglyn van ’n kandidaat se gewildheid oraloor Amerika, maar is waarskynlik minder betroubaar om die uitkoms van die verkiesing te voorspel.

In 2016, as voorbeeld, het Hillary Clinton ook voorgeloop met die meningspeiling en bykans 3 miljoen meer stemme as Trump gewen. Sy is egter nie as president verkies nie.

Dit, omdat Amerika van ‘n kieserskollege-stelsel gebruik maak, wat beteken die meeste stemme maak jou nie altyd die wenner nie – dit gaan eerder oor wáár jy die stemme wen.

Elke Amerikaanse staat ontvang ‘n sekere aantal stemme, deels gebaseer op die grootte van sy bevolking.

Die kompetisie tussen Biden en Trump is straf in die state wat die meeste kieskollege-stemme het, wat beteken Trump kan steeds die nodige 270 kieskollege-stemme uit die beskikbare 538 behaal.

In die deelstate Florida, Noord-Carolina en Arizona, is die wedloop nog taai.

Bronne: Eie berig, Reuters, Netwerk24 en BBC
- [email protected], [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%