PJ sê bonjour, Valence-Romans
Die veteraan van 52 toetse sê hy is steeds beskikbaar indien Namibië hom steeds vir toetsrugby wil oorweeg.
Tielman van Lill – Pieter-Jan van Lill groet einde vandeesmaand Aviron Bayonnais-rugbyklub, sy tuiste van die afgelope vyf jaar in Frankryk, om sy volgende fase by Valence-Romans in die Drôme-sur-Isère-streek af te skop.
Van Lill het 99 wedstryde vir Bayonnais gespeel, voordat Covid-19 in Maartmaand amok begin saai het. Sy kontrak met Bayonnais verstryk einde Junie en die 36-jarige reus van 1.93 meter en 120 kilogram uit die suide van Namibië het hom skielik soos soveel ander gekontrakteerde spelers sonder ’n “werk” bevind.
Van Lill vertel: “Ja, die kansellering van die liga in Maart het my verhoed om 100 wedstryde vir Bayonnais te speel. Ek was baie ongelukkig om my loopbaan by hulle sonder daai besondere hoogtepunt af te sluit.
“Gedurende die grendeltydperk het Valence-Romans my genooi om die opset by hulle te gaan ondersoek. Ek was geweldig beïndruk deur hul professionele benadering en het ’n tweejaarkontrak met hulle onderteken.
“Valence-Romans is net 20 minute se ry van my af, maar ons trek beslis aan die einde van die maand daarheen. Ek oefen tans nog steeds by Bayonne totdat my kontrak verstryk. Dit sal my laaste twee seisoene hier wees voordat ek terugkeer huis toe.
Die voormalige Namibiese kaptein met 51 toetse (7 drieë) agter die rug, sê hy is nie verlore vir nasionale rugby nie.
“My lyf en kop is nog reg vir rugby. Ek is steeds vir Namibië beskikbaar indien ek benader word. Dalk is ek maar net gelukkig met beserings, maar Bayonne het ook sy spelers goed opgepas.
“Vanjaar sou oorspronklik my laaste seisoen gewees het, maar ek voel nog goed en het aan my agent gesê as ’n goeie aanbod op die tafel beland, sal ek dit oorweeg,” het hy aan Republikein vertel.
Hoewel Van Lill agtsteman verkies, verrig hy ewe waardevolle werk op slot en selfs soms as flank. Hy het 15 drieë vir Bayonnais gedruk.
VETERAAN
Hy het Namibië by die 2001 Cravenweek asook die destydse IRB o.20-toernooi van 2002 in Italië verteenwoordig. Sy bydrae as lid van die 2011, 2015 en 2019 Wêreldbekerspanne getuig van sy besondere duurbaarheid. ’n Kniebesering in 2006 in sy laaste wedstryd vir Maties, asook sy studieverpligtinge in tandheelkunde het verhinder dat hy Namibië by die 2007 WB in Frankryk kon verteenwoordig.
“Die ligament aan my regterknie was afgeskeur en ek is in Desember 2006 geopereer om die ligament te heg. Ongelukkig kon my knie nie betyds vir die 2007 WB herstel nie en ek het die kans misgeloop om my land daar te verteenwoordig,” onthou hy.
Eugene Jantjies is die enigste Namibiër wat in vier Wêreldbekers gespeel het, terwyl die haker Hugo Horn (1999, 2007 en 2011) tussenin die 2003-toernooi oorgeslaan het.
Vanaf 2003 tot 2007 het PJ hom by die Universiteit Stellenbosch as tandarts bekwaam.
“Ek het in 2003 ’n paar wedstryde vir Maties se o.20’s gespeel en is daarna vir die eerste span gekies. Ek weet nie hoeveel wedstryde ek vir hulle gespeel het nie. Ek het ook vir Vic’s opgedraf,” het hy gesê.
Van Lill het sy toetsdebuut op 1 Julie 2006 teen Tunisië gemaak. Behalwe sy 52 toetse waarvan hy elf keer die kaptein was, het hy die Welwitschias 14 keer tydens die Vodacomberreekse in 2010 en 2011 as kaptein aangevoer. Voor sy vyf jaar by Bayonne het Van Lill een seisoen (2014-2015) vir US Dax in 21 wedstryde gespeel waar sy talent raakgesien is en hy na Bayonne gelok was.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie