Pizzagroep belê in e-sport
Die pizzagroep, Debonairs span nou kragte met Good Game Well Played saam.
Die pizzagroep Debonairs het 'n vennootskap met die mediamaatskappy IGN en plaaslike vervaardigers van videospeletjies gesluit ingevolge waar hy elektroniese sporttoernooie sal borg en die mark na plaaslik vervaardigde videospeletjies sal aanhelp.
“Dit is 'n reusestap vir 'n handelsnaam wat nie verwant is aan speletjies of die tegnologie daaragter nie,” sê Gareth Woods, besturende direkteur van Good Game Well Played, spesialiste op die gebied van videospeletjies.
“Dit wys egter maatskappye besef videospeletjies is nou deel van die hoofstroom.”
Debonairs gaan ook met twee professionele e-sportspanne, Sinister 5 en White Rabbit saamwerk, sowel as met die Arcade X-toernooiplatform om nuwe speletjies op die proef te stel.
Luidens 'n onlangse verslag groei die mark na elektroniese speletjies in Suid-Afrika met 6% per jaar. Daar is meer as 1,6 miljoen geregistreerde e-sportspelers in die land, waarvan talle voltydse professionele spelers is.
Sommige van hierdie spelers verdien meer as R50 000 per maand. Die gemiddelde speler bring weekliks meer as tien ononderbroke uur voor die televisie of rekenaar deur. Meer as 90% van aktiewe gamers spandeer meer as R2 500 per maand aan speletjies. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie