Pikswart saans!
ANONIEM SKRYF:
Ons dorp Rehoboth is “pikswart” saans. Hier is soveel strate sonder ligte wat nie brand nie.
Die hyskraan is uitgeleen aan vriende. Dit is die belastingbetalers se geld, waarmee dit gekoop is.
Mnr. Swarts, laat al die goed waaroor jy so baas gespeel het, terugkom na hul oorspronklike eienaars.
Die dame wat gekom het om dinge reg te ruk, baie dankie vir wat u so ver gedoen het, en nog gaan doen.
Die amptenare in kantore is verantwoordelik vir die agteruitgang in die dorp. Hulle doen nie verslag nie, want die werkers onder hulle sien ons base werk nie, hoekom moet ons werk? Ruk julle asseblief reg.
Ons moet bestuur soos nugter dronk mense om gate in teerstrate mis te ry. Nogal 'n groot skande vir die eens pragtige dorp.
Hoe ver is die "hostel" in Blok E? RTC se tjekboek is mos nie meer beskikbaar nie.
Wat het van al die stelerysake geword?
Dankie baie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie