Pieter-Steph bly op flank
Rugby
Stephen Nel
Die Springbokslot Pieter-Steph du Toit sal weereens as steelkantflank vir die Stormers in môre se Superrugby-wedstryd teen die Highlanders in Dunedin opdraf.
Siya Kolisi, die Stormers se kaptein, maak daarom met sy terugkeer na die span ’n posisionele skuif oopkantflank toe. Nizaam Carr, wat verlede naweek teen die Crusaders die nr. 6-trui gedra het, is nou die agtsteman in Sikhumbuzo Notshe se plek.
Môre se botsing is ook die Bok-ysterslot Eben Etzebeth se 50ste vir die Stormers. Sy slotmaat is Jan de Klerk, wat die beseerde Chris van Zyl vervang.
Robbie Fleck, die afrigter, het ook besluit om sy stutte te roteer, met Frans Malherbe en Oli Kebble wat onderskeidelik vir Wilco Louw en JC Janse van Rensburg vervang.
Agterlangs keer SP Marais op heelagter terug nadat hy van sy liesbesering herstel het, terwyl Dan Kriel die beseerde Dan du Plessis op binnesenter vervang.
Die Nieu-Seelandse senter Shaun Treeby, ’n veteraan van 50 wedstryde vir die Highlanders vroeër in sy loopbaan, tel onder die Stormers se plaasvervangers. Marais se terugkeer beteken dat Dillyn Leyds vleuel toe skuif in die plek van Bjorn Basson. Op skrumskakel vervang Jano Vermaak vir Dewaldt Duvenage.
Die Stormers-span: SP Marais, Cheslin Kolbe, EW Viljoen, Dan Kriel, Dillyn Leyds, Robert du Preez, Jano Vermaak, Nizaam Carr, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), Jan de Klerk, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Oli Kebble. Reserwes: Ramone Samuels, JC Janse van Rensburg, Wilco Louw, Kobus van Dyk, Sikhumbuzo Notshe, Dewaldt Duvenage, Shaun Treeby, Bjorn Basson.
Highlanders: 15 Ben Smith (k), 14 Waisake Naholo, 13 Malakai Fekitoa, 12 Rob Thompson, 11 Patrick Osborne, 10 Marty Banks, 9 Aaron Smith, 8 Liam Squire, 7 Dillon Hunt, 6 Gareth Evans, 5 Tom Franklin, 4 Alex Ainley, 3 Siosuia Halanukonuka, 2 Liam Coltman, 1 Daniel Lienert-Brown. Reserwes: Greg Pleasants-Tate, Aki Seiuli, Siate Tokolahi, Joe Wheeler, Jackson Hemopo, Kayne Hammington, Fletcher Smith, Matt Faddes. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie