Pienk Wanderers sal hande vol hê met Unam
Die verdedigende kampioen is môre die volslae gunsteling teen die voorloper in die Namibië Rugby-unie se premierliga.
FNB Wanderers het wel die tuisvoordeel teen FNB Unam, maar weinig anders sal in die Wit Hingste se guns tel. Die voorlopers is erg uitgedun met beserings en nasionale verpligtinge, wat ’n lys afwesiges so lank soos ’n vyftiental plus reserwebank teweeg bring.
Selfs met Wanderers se indrukwekkende diepte behoort al die skietgoed in die guns van Johan Diergaardt se energieke studentespan te wees.
Wanderers het 12 spelers afgestaan aan die nasionale span wat môreaand na Roemenië vertrek om die land in die Wêreldrugby Nasiesbeker te verteenwoordig.
Petrie Burger was vandeesweek ’n laat insluiting in die Namibiese toerspan in die plek van Quintin Esterhuizen wat vanweë studieverpligtinge tuis bly. Die voorspelers Gert Lotter, Shaun du Preez, AJ de Klerk, Ruan Ludick, Rohan Kitshoff en Tinus du Plessis, asook agterspelers Arthur Bouwer, Malcolm Moore, JC Greyling, Heinrich Smit en Johann Tromp is afwesig.
Huidig beseerde Hingste wat ook al Namibiese truie gedra het, is Callie Swanepoel, DG Wiese, Alberto Engelbrecht, Herman Krause, Riaan van Zyl, Enem Kritzinger (vandeesweek opgeneem in die oefengroep van NRU) en Mahco Prinsloo (spinnekopbyt) en boonop is Quintin Esterhuizen uitstedig.
Wanderers se voorsitter, Flip Louw, sê daar is steeds ’n mate van diepte en ’n paar spelers wat een van die dae deur die NRU raakgesien kan word – al is dit net vanweë môre se pienk truie.
“Ons bedank graag vir FNB Namibië vir hul bydrae tot hierdie groot dag waar die sport rugby ook tot die saak van kankerbewusmaking toetree.
“Wanderers het verlede jaar N$10 000 vir die Kankervereniging ingesamel danksy die steun van ons gemeenskap.
“Ons nooi die publiek om ons spesiale dag ten bate van kanker te kom ondersteun. Die pienkste ondersteuner sal N$500 wen en tydens rustyd sal uitverkose skepskoppers N$500 in ons kompetisie kan wen. Vir die kinders sal gesigverf en ’n springkasteel beskikbaar wees. Laat Wanderers Saterdag pienk gemaak word.
“Ons bedank graag ons borge en in besondere Hyundai Namibia wat die afgelope twee jaar deel geword het van ons projekte in die gemeenskap.”
Louw sê gesonde sportmangees tussen Wanderers en Unam het die afgelope twee jaar baie gegroei. “Ons twee klubs wil saam die gees van rugby tussen ons land se jongmense laat uitkring.”
Die program by Wanderers:
12:15 Wanderers Barbarians vs FNB Unam 3
13:30 FNB Wanderers 2 vs FNB Unam 2
15:15 FNB Wanderers 1 vs FNB Unam 1
• Môre se ander premierliga-wedstryde:
15:15 FNB Western Suburbs 1 tn Kudus 1
15:15 Walvisbaai 1 tn Reho Falcon 1
15:15 Rehoboth 1 tn Dolphins 1
• Op die eerste naweek van die landwye Momentum skoleligas word drie wedstryde in die o.19 premierliga môre soos volg gespeel:
10:50 Windhoek Gimnasium II tn Dr. Lemmer I by Windhoek Gimnasium
12:10 Windhoek Gimnasium I tn WHS II by Windhoek Gimnasium
15:00 WHS I tn HTS I by Vegkop (WHS)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie