Pienk pret vir klinieke
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) en hul projekvennote het onlangs die gewilde Hats & Roses, Pink Fiesta-geldinsameling gehou. Spar Namibia het N$100 000 en Alexander Forbes N$70 000 vir die ontbyt geskenk. Sowat 500 dames het kaartjies vir die geselligheid gekoop en meer as N$200 000 is ingesamel. Die geld sal deur CAN vir hul gemeenskapuitreikklinieke gebruik word. Die klinieke bied toegang tot papsmere, kliniese borsondersoeke en ultraklank- en mammogramsiftingstoetse. Foto'S Dirk Heinrich
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie