Pienk diamant behaal hoogste bod ooit
Pienk diamant behaal hoogste bod ooit

Pienk diamant behaal hoogste bod ooit

Jo-Mare Duddy Booysen
’n Vleklose pienk diamant van 59,6 karaat, bekend as die Pink Star, is vir ’n rekordbedrag van US$71,3 miljoen deur Sotheby’s opgeveil.

Die diamant was 132,5 karaat (ongeslyp) toe dit in 1999 deur De Beers in Suid-Afrika gemyn is.

Die bod wat op US$71,3 miljoen toegeslaan is, is die hoogste tot nog toe vir ’n edelsteen het Sotheby’s getwiet.

Dit veiling in Hongkong het slegs sowat vyf minute geduur en die koper het telefonies gebie.

Die ovaalvormige diamant, wat die hoogste toekenning vir kleur en helderheid gekry het, het in 2013 sowat US$83 miljoen op ’n veiling behaal maar die koper kon nie betaal nie.

Patti Wong, voorsitter van Sotheby’s Asia, sê die mense wat aan Dinsdag se veiling deelgeneem het is vooraf goedgekeur.

“Ons is baie baie seker hulle sal kan betaal. Ons is glad nie bekommerd nie,” sê sy.

Ondanks De Beers, ’n filiaal van Anglo American, se positiewe siening oor sy diamantverkope vanjaar, het hy in die derde verkoopsiklus van die jaar weer minder diamante verkoop as in dieselfde siklus ’n jaar gelede.

Die maatskappy het Dinsdag in ’n Sens-verklaring gesê hy het US$580 miljoen se diamante verkoop teenoor die $666 miljoen ’n jaar tevore. Dit is ’n daling van bykans 13%.

Dit is wel 4,8% meer as die US$553 miljoen wat hy in die tweede verkoopsiklus van 2017 verkoop het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer