Piek van derde golf middel Augustus tot middel-September verwag
Piek van derde golf middel Augustus tot middel-September verwag

Piek van derde golf middel Augustus tot middel-September verwag

Henriette Lamprecht
President Hage Geingob sê die piek van die derde golf word in middel-Augustus tot September verwag.
"Dit gaan slegter gaan voordat dit beter gaan," het Geingob gesê wat ook sê vier uit tien inwoners is nou meer geneig om Covid-19-positief te wees.
Khomas het die hoogste persentasie van gevalle (42%), gevolg deur Erongo met 12%. Volgens die staatshoof het die land 513 sterftes in 15 dae aangeteken.
Hy het ook bevestig dit is duidelik dat die meer aggressiewe Delta-variant ook "in ons midde kan wees", met uitslae wat Vrydag in dié verband verwag word.

Kommentaar

Republikein 2025-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer