Pick n Pay wil sy struktuur moderniseer
Pick n Pay wil sy struktuur moderniseer

Pick n Pay wil sy struktuur moderniseer

Henriette Lamprecht
Nellie Brand-Jonker - Die Ackerman-beheerde Pick n Pay-maatskappy wil sy dekade oue beheerstruktuur afbreek en met ’n moderner en eenvoudiger struktuur vervang. Aandeelhouers kry einde Julie die kans om daaroor te stem.
Die beheerstruktuur wat as ’n piramide-aandeelstruktuur bekend staan, is in 1981 deur Raymond Ackerman, stigter van Pick n Pay, opgestel. Die struktuur is deur die Ackerman-familie opgerig om ’n vyandige oorname te voorkom. Die idee met die struktuur was dat die familie beheer oor die maatskappy behou.
Die piramide bestaan uit twee maat­skappye wat op die JSE genoteer is. Die Ackerman-familie hou 50% van die aandele in Pick n Pay Beherend Bpk., wat op sy beurt weer meer as 50% van die aandele in Pick n Pay Stores Bpk. hou.
Net ’n paar maatskappye op die JSE het sulke strukture oor en dit is nie baie gewild onder beleggers nie.
Die struktuur is mettertyd as ’n beslommernis en verouderd beskou en die Ackerman-familie wil daarom die struktuur aan hul aandeelhouers ontbondel maar steeds beheer behou.
Albei die Pick n Pay-direksies het die voorstel aanvaar.
In wese gaan die voorstel meebring dat alle Pick n Pay-aandeelhouers hul aandele in een enkele genoteerde maat­skappy hou. Dis die aandeelhouers van Pick n Pay Beherend wat aandele in Pick n Pay Stores gaan verkry.
Pick n Pay Beherend gaan dan denoteer en gesluit word.
Die Ackerman-familie gaan dan ’n nuwe klas van ongenoteerde stemaandele in Pick n Pay Stores kry (B-aandele). Dit sal verseker dat die Ackerman-familie steeds ’n beherende belang in die maatskappy behou.
Die Ackerman-famile sal nie stem oor die besluit nie sodat minderheidsaandeelhouers se belange ten volle in ag geneem word.
“Die Ackerman-familie wou al vir ’n geruime tyd die piramide ontbondel op ’n manier wat vir die maatskappy en sy aandeelhouers voordelig is,” het Gareth Ackerman, Pick n Pay se voorsitter en seun van Raymond, gesê.
“Ek glo die voorstel sal die doelstellings bereik. Die soort struktuur word plaaslik en internasionaal erken en is meer geskik om nakoming van moderne korporatiewe bestuurstandaarde te verseker.”
Hy glo die ontknoping van die piramide wat die Pick n Pay-groep in een genoteerde onderneming verander, sal voordele vir die maatskappy en potensieel vir alle aandeelhouers hê.
“Mettertyd sal die eenvoudiger struktuur van Pick n Pay Stores aanloklik vir beleggers wees en dit sal op sy beurt ons langtermyngroeistrategie help.”
“Die voorstel sal die Ackerman-familie se stembeheer oor Pick n Pay behou. Ons glo dit is tot voordeel van die maat­skappy. Die familie beheer die maatskappy reeds vir byna 50 jaar.”
Volgens Ackerman word ook geglo die nuwe struktuur sal stabiliteit verseker en onsekerheid beperk en die bestuurspan onder leiding van Richard Brasher, uitvoerende hoof, toelaat om met die omkeer van die onderneming voort te gaan.
Brasher sê Pick n Pay maak goeie vordering met sy plan en hy sien dit as die volgende stap in die moderniseringsprogram.
“Dit sal Pick n Pay moderniseer en vereenvoudig deur ’n enkele struktuur te skep.” Volgens hom sal dit die vrye verhandelbare aandele in Pick n Pay Stores van 46% tot 73% verhoog.
“Dit sal mettertyd die maatskappy meer aantreklik vir beleggers maak.”
Hy sê die ontbondeling van Pick n Pay Beherend in Pick n Pay Stores, sal die huidige diskonto tussen die twee se aandeelpryse verwyder.
“Dit sal my en die span toelaat om te fokus op ons klante, ons aanbod te verander en die vertoning van die groep te versnel.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.62 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 427.86/OZ UP +0.06% | Copper US$ 5.08/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 187.00/T UP 1.85% | Brent Crude Oil US$ 83.05/BBP DOWN -0.0108 | Platinum US$ 1 054.75/OZ UP +0.47% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.62 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 427.86/OZ UP +0.06% | Copper US$ 5.08/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 187.00/T UP 1.85% | Brent Crude Oil US$ 83.05/BBP DOWN -0.0108 | Platinum US$ 1 054.75/OZ UP +0.47%