• Tuisblad
  • Sake
  • Pick n Pay wil 15 000 poste binne volgende drie jaar skep
Pick n Pay wil 15 000 poste binne volgende drie jaar skep
Pick n Pay wil 15 000 poste binne volgende drie jaar skep

Pick n Pay wil 15 000 poste binne volgende drie jaar skep

Die winkelgroep se grootbaas sê minstens een miljoen mense se poste word direk deur die maatskappy geraak.
Nellie Brand-Jonker - Die Pick n Pay-winkelgroep beloof om in die komende drie jaar te poog om nog 15 000 nuwe poste te skep.

Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay, het op die groep se jaarvergadering gesê daar is die afgelope drie jaar R5,3 miljard aan nuwe winkels bestee, om winkels op te knap en aan sy ver­skaffingsketting.

Pick n Pay het daarmee 14 000 poste bygevoeg.

Volgens hom koop Pick n Pay-produkte van 10 000 verskaffers aan en het die groep in die ­afgelope boekjaar R68 miljard by hulle bestee. Dié verskaffers voorsien werk aan meer as 400 000 mense, volgens hom.

“Ons glo ten minste een miljoen mense se poste word direk deur Pick n Pay geraak.”

Ackerman het pres. Cyril Rama­phosa se inisiatief verwelkom om maatskappye aan te moedig om meer werk te skep.

“Ons hoop die fokus op buitelandse beleggings in Suid-Afrika lok nuwe belegging in die ekonomie en nie net vervangingskapitaal nie.”

Ackerman meen Pick n Pay lewer ook deur sy franchise-winkels 'n belangrike bydrae tot die ekonomie omdat ongeveer 'n derde van dié eienaars swart is. Sowat 21 000 mense werk

vir Pick n Pay se franchise­winkels.

“Die franchisehouers speel 'n belangrike rol om groei onder kleiner verskaffers aan te moedig.”

Volgens hom werk Pick n Pay met die verbruikersgoedereraad en die departement van handel en nywerheid saam om groter erkenning te kry vir dié kleiner ­ondernemings en franchise­houers op sy telkaart vir bemagtiging.

“Omdat dié ondernemings deur individue besit word, dra hulle nie tans tot die maatskappy se telling vir bemagtiging by nie.”

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer