Pick n Pay open eerste aanlynwinkel in Namibië
Pick n Pay Namibia se aanlynwinkel is Dinsdagmiddag in gebruik geneem nadat dit sedert Oktober verlede jaar getoets word en al 600 aanlyn klante bedien.
Mnr. Norbert Wurm, Pick n Pay se besturende direkteur, sê aanlyninkope is ‘n baie sigbare en snelgroeiende faset van die digitale wêreld en dié kettingwinkelgroep het deel geword van hierdie handelsevolusie.
Die bemarkingsbestuurder, me. Victoria Moller, sê daar is selfs klante oorsee wat vir familielede in Namibië kruideniersware koop en laat aflewer.
Foto: Van links is mnr. Waldemar von Lieres, die finansiële direkteur, by Wurm en Moller tydens die bekendstelling. Foto Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie