Pichot verlaat Wêreldrugby ná nederlaag
Rugby
In reaksie op sy nederlaag in Wêreldrugby se onlangse presidentsverkiesing het die Argentyn Agustin Pichot dié organisasie die rug toegekeer.
Pichot het nie net bedank uit sy rol op Wêreldrugby se raad nie, maar ook as die president van Amerikas-rugby, het die Argentynse Rugbyunie (UAR) Woensdag gesê.
Hy het voorverlede week 23 stemme in Wêreldrugby se presidentsverkiesing gekry, teenoor die 28 wat die Engelsman Bill Beaumont ontvang het.
Pichot het vier jaar onder Beaumont as Wêreldrugby se visepresident gedien voordat hy besluit het om die warmste stoel in die sport te probeer bekom.
Die 45-jarige oud-Poema het die steun van al die Sanzaar-lande, Suid-Amerika en Asië gehad nadat hy beloof het om grootskaalse veranderinge te maak. Dit was egter nie genoeg nie.
“Ek het besluit om nie voort te gaan as die UAR se verteenwoordiger op Wêreldrugby se raad van lede, of as ’n lid van die organisasie se raad, of as president van Amerikas-rugby nie,” het hy in ’n verklaring gesê.
“Die enigste rede waarom ek deel was van die organisasie en my vir die presidentskap verkiesbaar gestel het, was omdat ek glo dat Wêreldrugby moet verander.
“My voorlegging, waarin ek met alles in my geglo het, is nie aanvaar nie. Daarom het ek besluit om weg te stap. Ek kan nie sommer net in ’n posisie bly nie.”
Onder Pichot se voorgestelde planne was die stigting van ’n Nasiesliga, wat die Sesnasies en Rugbykampioenskap in een kompetisie sou verenig.
Hy wou ook die Britse en Ierse Leeus se voetspoor vergroot deur hulle op toere na Noord- en Suid-Amerika te laat gaan. – Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie