Petisie oor maklike borgtog
Die voorsitter van die Kleine Kuppe-buurtwag meen misdadigers word te maklik op borgtog vrygelaat en pleeg dan ander misdade.
Francoise Steynberg - Namibiërs is keelvol vir misdaad en gaan dit nie langer gadeslaan nie.
'n Petisie oor die Namibiese regstelsel wat die nasie faal deur borgtog aan gewoontemisdadigers toe te staan, gaan aan die president, die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie en die aanklaer-generaal oorhandig word.
Mnr. Sarel Hanekom, voorsitter van die Kleine Kuppe-buurtwag, het die aanlyn petise opgestel ná verlede Donderdag se aanval op Duitse toeriste op die Westelike verbypad.
Een van die vermeende aanvallers, die 32-jarige mnr. Frabianus Endjala, moes verlede Donderdagoggend op ‘n roofklag in die landdroshof verskyn.
Toe hy nie opdaag nie, is ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik. Endjala was uit op borgtog van N$2 000 in dié saak.
Terwyl daar in die hof op hom gewag is, het hy en twee ander mans na bewering op die Westelike verbypad aan mnr. Kai Hermes (50) van Duitsland, wat toe pas met sy vrou en twee kinders in die land aangekom het, beduie daar is iets fout met hul gehuurde voertuig en hy moet van die pad af trek.
Toe Hermes stilhou, het die drie mans die gesin oorrompel en beroof.
Hulle is egter te hulp gesnel deur die bestuurder van ‘n bus wat agter die Duitse gesin gery het en gesien het wat gebeur.
Die busbestuurder kon daarin slaag om Endjala met sy vuurwapen aan te hou totdat die polisie opgedaag het. Die ander twee mans het op die vlug geslaan, maar is die naweek deur die polisie aangekeer.
Endjala het Maandag in verband met die rooftog op die Duitse toeriste in die landdroshof in Katutura verskyn waar hy op borgtog van N$5 000 vrygelaat is en sy verhoor tot 5 September uitgestel is. Die ander twee aanvallers sou Dinsdag in die hof verskyn.
Hanekom sê hy soek ten minste 100 000 handtekeninge vir die petisie: "Daar moet iets gedoen word. Ons kan nie meer net sit en kyk hoe dinge vergaan en verkeerd loop en daar word niks aan die saak gedoen nie. Daar moet na die mense van ons land geluister word."
"Die nasie moes te veel keer toesien hoe die regstelsel, wat veronderstel is om ons te beskerm, ons vreeslik in die steek laat. Misdadigers kry te maklik borgtog en pleeg ander misdade," sê die petisie.
Hanekom sê die petisie volg op die vermeende misdadiger wat vir die tweede keer op borgtog vrygelaat is nadat hy glo 'n ander misdaad gepleeg het.
"Hoe is dit moontlik dat ons regstelsel dit toelaat? As 'n nasie het ons genoeg en bloed en trane weens die kriminele element gestort. Ons het geweldige finansiële verliese gely. Hulle skaad die beeld van ons land en die swakkes en onskuldiges is hul prooi," lui die petisie.
Die petisie doen 'n beroep op die regering en wetskrywers om die regstelsel te verander, dit strenger te maak en om dit moeiliker vir misdadigers te maak om borgtog te kry.
Die ministerie van die omgewing en toerisme, sowel as die polisie het intussen die busbestuurder vir sy dapper optrede geloof.
Hy sal Vrydag 'n beloning van die ministerie ontvang.
Die aanlyn petisie kan by die volgende skakel onderteken word: https://ipetitions.com/petition/change-failling-namibian-justice-system.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie