PES en Tekken7 mu00f4re finaal beslis
PES en Tekken7 mu00f4re finaal beslis

PES en Tekken7 môre finaal beslis

e-Sport
Tielman van Lill
Die Namibiese Elektroniese Sportvereniging (Nesa) se genooide finaliste spook môre sake uit in die finale nasionale rondte vir PES2020 (e-sokker) en die vegspeletjie Tekken7.

Dié kampioenskap dien ook as proewe vir spelers om in die nasionale e-span opgeneem te word. Dus sal Namibië se bestes in hierdie PlayStation4-titels daarna streef om hul land internasionaal te verteenwoordig.

Die byeenkoms word soos in die verlede by die APS-gastehuis in Windhoek gehou waar die kompetisie omstreeks 10:00 sal begin. Nesa nooi belangstellendes om die aksie saam te beleef en hul helde te ondersteun.

Net spelers wat laas Saterdag in die vorige rondte die pyp as die bestes gerook het, sal môre vir die e-spel regskuif. Hulle is:

Tekken7: 1 Freddy Mazila (Zubscop), 2 Flip de Bruyn (Zaraki), 3 Matias Fillemon (Kandali).

PES2020 sokker: 1 Edan Farmer (Fluffy), 2 Fernando de Sousa (Nanjaros), 3 Freddy Mazila (Zubscop).

Die twee spelers wat môre ná die twee eindstryde gekies word, sal Namibië teen Suid-Afrika in ’n aanlyn streekkompetisie van die Internasionale e-Sportfederasie vir ’n posisie in die wêreldkampioenskap verteenwoordig.

Vir meer inligting omtrent Nesa se nasionale toernooie kan hul Facebook-blad, @Nesa.Namiba, of www.esportsnamibia.org besoek word.

Kommentaar

Republikein 2025-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer