Personeel 'depressief' oor klagtes

'Geen krisis met medisyne, voorrade'

31 July 2018 | Gesondheid
Henriette Lamprecht



Die Katutura-hospitaal het in die eerste drie maande vanjaar 31 251 pasiënte behandel.

Dit beteken volgens die superintendent van die hospitaal 'n gemiddeld van 'n pasiënt elke vyf minute vir die algemene sale, terwyl daar elke vier minute 'n noodgeval hier hanteer word.

“Ons hanteer duisende mense en somtyds is perfeksie vergete. Tussen duisende is een klag nie so erg nie,” het dr. Fady Ashmawy tydens 'n nuuskonferensie gesê wat gefokus het op die negatiewe beriggewing wat die hospitaal teister.

In die jongste geval het 'n dogter in 'n brief op sosiale media uitgevaar oor die behandeling wat haar ma in die hospitaal getraumatiseer gelaat het.

Volgens Ashmawy het dit die vertroue van beide personeel en pasiënte “geruk” en personeel depressief en ontmoedig laat voel.

“Hulle voel hul werk word nie waardeer nie.”

Hy het voorts gesê die dogter sou glo “baie lelike woorde” teenoor personeel gebruik het wat hul “eer en waardigheid” aangetas het.

“Ons het 'n oopdeurbeleid in die teenwoordigheid van gerugte en die afwesigheid van die ware inligting.”

Volgens Ashmawy vertrou die publiek “100% die koerante wat artikels publiseer sonder bewyse”.

“Julle skud die vertroue in die openbare diens en dit is gevaarlik. Kom ons wees waaksaam voor ons die publiek irriteer.”

Hy het voorts gesê mense veroordeel die hospitaal oor goed wat in die verlede gebeur het.



'Nie einde van wêreld'

“Ons het nie enige krisis met medisyne en voorrade nie. Dit is nie die einde van die wêreld as daar nie nou iets is nie; dit beteken nie dit gaan nooit kom nie, ons koop dit binne minute uit.”

Volgens Ashmawy is 'n proses aan die gang om kameras in die hospitaal te installeer.

Met verwysing na die muis- en kakkerlakplae wat die hospitaal teister, het hy gesê 'n “langdurige oplossing” word beplan. “Dié is nie 'n normale, gewone plek nie, en 'n verskeidenheid giwwe en gereedskap is nodig om dit te beheer.”

Van die oplossings sluit ultrasoniese afweermiddels in. Benewens rommel wat opgaar, kry pasiënte en besoekers ook die blaam wat “oorskiet en broodkrummels” laat rondlê en wat die gediertes lok.“Die diere het niks verkeerd gedoen nie.”

Volgens Ashmawy is pasiënte wat op gangvloere moet slaap, iets van die verlede. Hy het beklemtoon die hospitaal het 'n oopdeurbeleid en enige pasiënt of besoeker moet “in vrede en vertroue” vinnige en direkte toegang tot bestuur hê.

“Ek vra om verskoning aan enige persoon wat 'n slegte ervaring hier gehad het,” het Ashmawy gesê.

Volgens hom word elke klagte “erken en bestudeer” om dit te probeer oplos. In dié verband word gereelde beplande sowel as onbeplande ter plaatse steekproewe in die hospitaal gedoen om te verseker dat alles volgens riglyne verloop.

Soortgelyk

 

Kraam buite kliniek - verpleegsters geskors

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Twee verpleegsters wat ‘n hoogswanger vrou by die Okuryangava-kliniek glo weggewys het, is in opdrag van die minister van gesondheid en maatskaplike...

Lewenslank vir Suide-verkragters

15 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh en Ronelle Rademeyer - Twee mans wat vroue op Mariental en Tses verkrag en vermoor het, is gister in twee afsonderlike sake vonnisse...

Schlettwein sê oor TIPEEG, FOCAC

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – In die eerste plek is Namibië se ekonomie besig om aan te pas by ’n nuwe pad van groei nadat dit een...

Weer vir 19 September

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal baie tot bloedig warm in die Noorde wees.KUS:...

TransNamib op soek na nuwe direksie

15 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman Die ministerie van werke en vervoer het in 'n openbare kennisgewing aangekondig dat nuwe direksielede vir TransNamib gesoek word. Die huidige direksie se...

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

15 ure gelede | Ministeries

Leandrea Louw Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”....

Help soek na vermistes

15 ure gelede | Misdaad

Tanja BauseDie Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van twee vermiste mense. Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert 19:00 verlede Woensdag...

Grond: Wit boere wíl praat

15 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree...

Vrou haal die byt uit veghond

15 ure gelede | Omgewing

Die naam Amerikaanse veghond (pit bull terrier) het al ‘n vloekwoord geword en boesem vrees by die meeste mense in. Geen ander honderas het in...