Permanente sekretaris geskors, saak by ACC
Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is besig om ‘n saak teen die geskorste permanente sekretaris van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Andreas Mwoombola, te ondersoek.
Die direkteur-generaal van die ACC, mnr. Paulus Noa, het gister aan Nampa gesê ‘n klagte oor beweerde “ongerymdhede” met die toekenning van ‘n tender is ‘n paar dae gelede in dié verband ontvang.
Mwoombola is Dinsdagaand met onmiddellike effek vir 'n beperkte tydperk geskors.
Volgens 'n verklaring wat die kantoor van die eerste minister uitgereik het, volg die skorsing van Mwoombola op beweerde wangedrag waarby hy betrek word. Mwoombola is ingevolge artikel 27 van die Wet op Openbare Dienste (1995) geskors.
In die verklaring word by monde van die sekretaris van die kabinet, mnr. George Simataa, gesê die skorsing het ten doel om 'n ongehinderde ondersoek na die beweerde wangedrag uit te voer.
Me. Bertha Katjivena sal vir die duur van die ondersoek en skorsing as permanente sekretaris waarneem. – Eie berig en Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie