Perd-aanval eis geliefde inwoner
Henriette Lamprecht - 'n Geliefde inwoner van Okahandja, wat ook 'n bekende in perdekringe was, het Sondag gesterf na sy maande gelede deur haar gunstelingperd aangeval is.
Me. Yolandé du Plessis (36), wat in die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek oorlede is, is op 31 Oktober verlede jaar deur haar geliefde hings, FS Tailors Dream, uit die bloute geskop, gebyt en rondgesleep.
Sy het in die aanval 'n ernstige nekbesering opgedoen toe haar nek raakgetrap is en haar boonste werwels verbrokkel het.
Die boonste deel van Yolandé se rugstring is erg gekneus en sy is van haar nek af ondertoe verlam. Sy is sedert die aanval in die intensiewesorgeenheid van die Lady Pohamba-hospitaal behandel, waarna sy vir 'n wyle na die Paramount-hospitaal in die hoofstad oorgeplaas is.
Volgens 'n hegte vriendin het dit verlede week “baie vinnig, baie sleg” met Yolandé begin gaan. Die dood van 'n pasiënt wat in 'n motorongeluk verlam is en saam met haar in die kamer gelê het, het haar glo ook geweldig ontstel.
“Hulle is saam na die Paramount-hospitaal oorgeplaas. Sy het sy dood baie sleg gevat,” het die vriendin gesê.
Yolandé is vroeër verlede week na die Lady Pohamba-hospitaal se hoësorgeenheid teruggeplaas waar sy Donderdag in 'n koma verval het en Sondag oorlede is.
“Ons almal kon haar gaan groet.”
Die vriendin het Yolandé as 'n “absolute sonstraal” beskryf.
“Sy was altyd so positief, liefdevol en 'happy' - eenvoudig net 'n sonstraal!” Yolandé word oorleef deur haar man, Gert, en twee kinders, Tiffany (15) en Bobby (7). 'n Roudiens word Saterdag 21 Januarie om 10:00 in die Gereformeerde Kerk op Okahandja gehou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie