Pepkor sterk, spog met 18 jaar van winsgroei
In die ses maande onder oorsig was die rand 14% sterker teenoor die euro as in die ooreenstemmende tydperk.
Nellie Brand-Jonker - Die rand se versterking teenoor die euro het vuur gemaak onder die Pepkor-groep se inkomste in die halfjaar tot einde Maart.
“Sy inkomste het sy goeie vertoning voortgesit en met 25% tot €1,4 miljard gestyg,” sê Markus Jooste, uitvoerende hoof van Steinhoff.
Steinhoff besit Pepkor.
Pepkor se bedryfswins het met 27% tot €191 miljoen gestyg. In die ses maande onder oorsig was die rand 14% sterker teenoor die euro as in die ooreenstemmende tydperk.
Pepkor besit onder meer Ackermans, Dunns, Pep, Flash, John Craig, Shoe City en PowerSales en verteenwoordig Steinhoff se klere- en skoenwinkels in Suid-Afrika. Dit is Steinhoff se grootste bydraer tot inkomste in die land.
Teen konstante wisselkoerse het die inkomste in die afgelope halfjaar met 10% gestyg.
In vergelykbare winkels, dus uitgesluit nuwe winkels wat in die halfjaar geopen is, was die inkomste 8% hoër.
Jooste sê hierdie styging in 'n swak verbruikersmark bewys hoe standvastig Pepkor se sakemodel is. Dit is die 18de jaar agtereenvolgens dat Pepkor se bedryfswins styg.
Meubelwinkels
Steinhoff het in die afgelope jaar meer as 300 niewinsgewende meubelwinkels in die JD Group-stal in Suid-Afrika gesluit.
Sy meubel- of huiswarewinkels sluit nou in Bradlows, Rochester, Russells, Sleepmasters, HiFi Corp, Incredible Connection en Steinbuild.
Jooste sê die sluit van niewinsgewende winkels in Suid-Afrika is afgehandel en die herstruktureringskoste het €5 miljoen beloop. Hy het in die afdeling meer as 1 000 winkels en sowat 14 000 werkers teenoor
21 000 werknemers einde Junie 2016.
Hierdie afdeling se inkomste het in die halfjaar met 25% tot €522 miljoen gestyg, ook danksy die rand se versterking teenoor die euro. Teen konstante wisselkoerse het sy inkomste met 10% gestyg, grootliks danksy die insluiting van Iliad vir die volle ses maande vergeleke met net drie maande in die ooreenstemmende tydperk.
As Iliad ook vir die volle halfjaar verlede jaar ingesluit was, sou die inkomste uit die afdeling in Suid-Afrika met 5% gedaal het weens die sluiting van die meer as 300 winkels.
Die inkomste in vergelykbare winkels het met 4% gestyg.
Jooste sê dit is 'n sterk vertoning ondanks die moeilike handelsomstandighede in Suid-Afrika.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie