Pensioen, ongeskiktheidstoelae styg Augustus
Die ministerie van armoedeverligting en maatskaplike welsyn sê pensioen en ongeskiktheidstoelae verhoog Augustus van N$1 200 tot N$1 250. Volgens die permanente sekretaris, mnr. I-Ben Nashandi was die verhoging veronderstel om reeds in April in werking te tree. Begunstigdes sal egter nou in Augustus ’n eenmalige toelaag van N$1 450 ontvang.
“Dié bedrag sluit die N$1 250 vir Augustus in, sowel as ’n terugbetaling van N$200 vir April, Mei, Junie en Julie,” sê Nashandi. Begunstigdes sal vanaf September maandeliks ’n toelaag van N$1 250 ontvang. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie