Penny en Jerry se doppies geklink

Die anti-Geingob sentimente wat deur sowel me. Pendukeni Iivula-Iithana as mnr. Jerry Ekandjo in die aanloop tot die Swapo-kongres verlede jaar in die openbaar geuiter is, het waarskynlik nou sy tol geëis.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die eerste hoë koppe in die regering van pres. Hage Geingob het gister gerol toe die minister van binnelandse sake en immigrasie, me. Pendukeni Iivula-Ithana, en die minister van jeug, sport en nasionale diens, mnr. Jerry Ekandjo, die trekpas gegee is.

Die amptelike brief van Iivula-Ithana se afdanking is op sosiale media uitgelap. Op navraag het die minister van presidensiële aangeleenthede, mnr. Frans Kapofi, die afdankings bevestig.

“Dit is onmiddellik van krag,” het hy gesê.

“Ek kan nie presies sê wanneer die besluit geneem is om hulle af te dank nie, maar albei se afdankingsbriewe is vir Donderdag 1 Februarie gedateer,” het hy bygevoeg.

Gevra vir redes vir die besluit, het Kapofi gesê: “Die president het nie nodig om redes te verskaf vir sy besluite nie.”

Volgens Artikel 32(6) van Namibië se Grondwet is dit die staatshoof se reg om ministers aan te stel en ook om hulle af te dank.

In die brief wat op sosiale media die ronde gedoen het, staan onder meer: “Die beëindiging van u aanstelling moet nie op enige manier gesien word as ‘n klad op die reuse- persoonlike opofferinge of die groot bydrae wat u in die belang van Namibië in ons bevrydingstryd om onafhanklikheid en ná onafhanklikwording gelewer het nie. Dit is prestasies wat meebring dat die mense van Namibië u vir altyd met die hoogste agting sal bejeën.”

KRITIEK TEEN GEINGOB

Iivula-Ithana en Ekandjo het in die aanloop tot Swapo se kongres verlede jaar nie gehuiwer om Geingob skerp te kritiseer nie.

Iivula-Ithana het haarself teen Geingob se gekose kandidaat vir die adjunkpresidentskap van die party, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, verkiesbaar gestel. Ekandjo het as kandidaat teen Geingob gestaan. Hy is allerweë as die kandidaat beskou wat die steun van oudpres. Sam Nujoma geniet het.

Voor die kongres het Iivula-Ithana haar mond telkens in die openbaar lelik oor Geingob uitgespoel. Sy het hom onder meer daarvan beskuldig dat hy die party se grondwet nie verstaan nie en dit tot sy eie voordeel ondermyn. Iivula-Ithana het ook gesê Geingob het nie respek vir ander mense nie.

BIOGRAFIEë

In haar lang politieke loopbaan het Iivula-Ithana verskeie kabinetsposte beklee. Sy was ‘n lid van die Grondwetskrywende Vergadering wat ná die 1989 verkiesings ingevolge Resolusie 435 van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies die grondwet geskryf het en die enigste vrou op die grondwetskrywende komitee.

Van 1990 tot 1991 was sy die adjunkminister van die natuur, bewaring en toerisme. Van 1991 tot 1996 minister van jeug en sport, van 1996 tot 2001 minister van grond, hervestiging en rehabilitasie en van 2001 tot Maart 2005 die prokureur-generaal. In 2005 is sy as minister van justisie aangestel. In 2012 het sy minister van binnelandse sake en immigrasie geword. Sy was ook van 2007 tot 2012 Swapo se sekretaris-generaal.

In Augustus 2014, met Swapo se verkiesing van lede vir sy parlementêre lys van kandidate in die aanloop van die verkiesing, kon sy net die 86ste posisie op die lys haal, wat meegebring het dat sy nie as parlementslid sou terugkeer nie. Ekandjo het in die 81ste posisie op die lys geëindig en was in dieselfde bootjie. Desondanks het Geingob ‘n reddingsboei na albei gegooi. Hy het albei as lede van die agt posisies wat hy in die Nasionale Vergadering aanstel gekies en hulle het hul ministeriële posisies behou.

Ekandjo is in 1990 as adunkminister van plaaslike regering en behuising aangestel. Hy het die posisie tot 1995 beklee waarna hy die adjunkminister van binnelandse sake geword het voor hy in September tot minister bevorder is. Ná byna tien jaar in die pos is hy in 2005 as minister van grond en hervestiging aangestel. In 2008 word hy minister van streek- en plaaslike regering, behuising en landelike ontwikkeling. In Desember 2008 word hy minister van jeug en sport.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.24/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.24/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042