Pelgrim spring van Groot Moskee in Mekka na sy dood
Pelgrim spring van Groot Moskee in Mekka na sy dood

Pelgrim spring van Groot Moskee in Mekka na sy dood

'n Man het van die dak van die Groot Moskee in Mekka na sy dood gespring voor duisende Moslem-pelgrims. Die onbekende man het hom Vrydag doodgeval tussen die menigte wat besig was met gebede wat van die Moslems verwag word tydens die heilige Ramadaan-maand. Geskokte stemme het opgegaan terwyl pelgrims na Mekka die man sien spring het. Selfdood is verbode ingevolge Moslem-geloof. Polisiebeamptes en paramedici het probeer om die man te red, maar dit was tevergeefs. Plaaslike media het luidens The Sun berig dit was 'n 26-jarige Fransman wat die Moslem-geloof aanvaar het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-07-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer