Peiling: Jhb gevaarlikste stad ter wêreld
Die bevindinge weerspieël die beskouings van sowat 400 kundiges van 22 stede wêreldwyd.
Johannesburg is die gevaarlikste stad ter wêreld wat betref diefstal, roof en seksuele aanranding of verkragting.
Dít is van die bevindinge in 'n onlangse aanlyn peiling deur Plan International, 'n welsynsorganisasie wat geslagsgelykheid bevorder.
Susanna Birkwood, Plan International se woordvoerder vir die Amerikas, Oos- en Suider-Afrika, sê dit is die eerste peiling wat as hulpmiddel dien vir vroue in stede oor die wêreld heen.
“Dit is die eerste peiling wat die veiligheidsrisiko's vir vroue op so 'n groot skaal ondersoek. Dit beklemtoon die universaliteit van die gevare wat vroue in stede teëkom, ongeag die verskillende samelewings en kulture,” sê Birkwood.
Die bevindinge weerspieël die beskouings van sowat 400 kundiges van 22 stede wêreldwyd.
“Die stede is gekies op grond van die grootte en geografiese ligging,” lui die verslag.
“Dié wat as die grootste ter wêreld beskou is, is geprioritiseer.”
Tussen 15 en 25 kundiges in elke stad het aan die peiling deelgeneem. In Johannesburg het 22 kundiges deelgeneem.
“Ons het gevoel dit sal waardevoller wees om die insigte van kundiges in te win wat spesialiseer in vroueregte, kinderregte en stedelike veiligheid,” sê Birkwood.
“Daar is slegs 'n beperkte getal kundiges in dié velde, wat die beskeie steekproefgrootte verklaar.”
SES KONTINENTE
Hoewel Plan International se peiling die eerste in sy soort is, is 'n soortgelyke studie, “From Fear to Resilience: Adolescents' Experiences of Violence in Inner-city Johannesburg”, in Julie verlede jaar gepubliseer.
Die navorsers – verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en die Johns Hopkins-Universiteit in Baltimore in Amerika – het onderhoude met tientalle jong mense in die Hillbrow-buurt gevoer.
Hulle het bevind dat geweld 'n alledaagse verskynsel is.
Die navorsers stel voor dat “positiewe volwasse rolmodelle en hernieude openbare instellings” by die gemeenskap ingryp, mits hulle toegewyd is en verantwoordbaarheid vir die gemeenskap aanvaar.
Dit is trouens die beweegrede waarom Plan International die peiling gedoen het.
“Benewens die bewustheid wat dié aanlyn peiling skep, help dit die organisasie om die probleem te pak,” sê Birkwood.
“Die data verskaf waardevolle insig in vroue se veiligheid in ses kontinente.
BEVORDER VROUE SE VEILIGHED
“Ons kan dit aanwend in ons beplanning om oor 'n paar jaar 20 stede wêreldwyd veiliger vir vroue te maak.”
Plan International het reeds 'n projek wat vroue se veiligheid in agt stede bevorder.
Dit is Delhi in Indië, Hanoi in Viëtnam, Kaïro in Egipte, Kampala in Uganda, Nairobi in Kenia, Lima in Peru, San Francisco in Kalifornië en Honiara in die Solomon-eilande, asook Paraguay in Suid-Amerika.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie