PDM wil 1 000 bome in 'n jaar plant
PDM wil 1 000 bome in 'n jaar plant

PDM wil 1 000 bome in 'n jaar plant

Henriette Lamprecht
In 'n poging om klimaatsverandering te takel, wil die Popular Democratic Movement (PDM) 'n 1 000 bome oraloor in die land in die volgende 12 maande plant. PDM-leier McHenry Venaani het tydens die party se sentrale komitee-vergadering gesê "ons natuurlike bates is onder ongekende bedreiging van klimaatsverandering, omgewingsverval en die verlies van ons biodiversiteit".

"Ons het gekoördineerde en geïntegreerde optrede tot klimaatsverandering nodig vir die doeltreffende bestuur van die onvermydelike impak van klimaatsverandering," het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer