PDM vaar uit teen polisie

Mag glo onbevoeg

12 September 2018 | Politiek
Denver Kisting – Die amptelike opposisie is van mening Avihe Cheryl Ujaha (9) se dood moes verhoed gewees het.

Die Popular Democratic Movement (PDM) het Maandag by monde van sy tesourier-generaal, mnr. Nico Smit, skerp te velde getrek teen die beweerde onbevoegdheid van die polisie.

Volgens Smit is hulle woedend oor Avihe se tragiese dood, wat syns insiens ’n aanduiding is van hoe onbevoeg die Namibiese polisie is.

Dié gr.3-meisietjie se erg verminkte lykie is twee weke gelede in ’n rivierloop in Windhoek ontdek.

“Wat die onbevoegdheid en die gewoon gebrek aan vaardighede van die polisie betref, is die PDM oortuig daar is geen goed opgeleide en bevoegde speurders in die mag om sake op te los wat regte ondersoeke vereis nie,” sê Smit.

Hy sê ondanks ’n goed toegeruste forensiese afdeling, help dít niks as daar geen speurders is met genoeg energie, deursettingsvermoë én vaardighede om forensiese inligting sinvol vir ondersoeke te gebruik nie.

Smit sê die polisie kon tot vandag toe nog geen noemenswaardige terugvoering gee oor ’n moontlike reeksmoordenaar wat etlike jare gelede in die land amok gesaai het nie.

Hy het tydens ’n nuuskonferensie in die hoofstad bygevoeg: “Die feit dat die polisie blyk te dink hul énigste werk is om die publiek te vra om inligting te verskaf wat tot ’n inhegtenisneming sal lei – terwyl dít hul laaste uitweg moet wees – beteken dat dié saak waarskynlik binne ’n paar maande by die lys van onopgeloste moorde gevoeg sal word.

“Dit is hul werk om élke misdaad te ondersoek en nie net om die verantwoordelikheid na die publiek toe te skuif nie,” sê Smit.

Dit lyk vir die PDM of die polisie net misdadigers kan aankeer wat hulle op heterdaad betrap, sê hy.

Volgens hom het die tyd aangebreek vir drastiese optrede om die veiligheid van veral vroue in die land te verseker.

Smit sê hy beoog om die minister van veiligheid en sekuriteit, gen.maj. (afgetree) Charles Namoloh, in die Nasionale Vergadering (NV) te vra oor die stand van die land se speurders se vaardighede.

Die NV het gistermiddag hervat.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag gesê hulle beskou Smit se opmerkings as ’n politieke verklaring.

Derhalwe moet dit op ’n politieke front besleg word.

Sy het opnuut gister lede van die publiek versoek om die polisie te help om Avihe se moordenaar(s) te help vastrek.

Die beloning vir inligting wat tot ’n inhegtenisneming en vervolging sal lei, beloop tans N$100 000.

Soortgelyk

 

Kommissie vir grondeise aangestel

10 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob het gister ‘n presidensiële kommissie van ondersoek na voorvaderlike grondregte en hoe daarvoor vergoed moet word, aangestel.Dié kommissie onder...

Vrou wat kraam se pelvis breek glo in staatshospitaal

10 ure gelede | Gesondheid

font face="Verdana" >Henriette Lamprecht – Wat ’n normale bevalling moes wees, het na bewering vir ’n jong ma ’n gebreekte pelvis, gebreekte heup en reusebloedverlies...

Kalender 22 Februarie

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Vir slegs twee aande sluit die sanger Slickartie by die alombekende Mashura-band aan. Dié nuwe groep gee jou goeie rede om...

Weer vir 22 Februarie

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar buie in die Weste.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met miskolle op plekke...

Waardasierol is nietig

10 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh - Weke nadat plaaseienaars hul saak oor die staat se jongste waardasierol in die hoërhof gewen het, is die Namibië Landbou-unie (NLU) reeds besig om...

'Ek was 'n Judas wat vir mense gelieg het'

10 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer'n Senior admini­stratiewe beampte het gister in die hoërhof in Windhoek getuig sy was met haar rug teen die muur oor skuld en het...

Tyd vir skoffel in die Ooste

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Dit is om die draai en beslis nie iets wat jy wil misloop nie, so omkring sommer nou reeds 21 Maart op...

Skaam en wild

10 ure gelede | Kuns en vermaak

The Poject Room bied eersdaags Anne Lacheiner-Kuhn se Shy Wild-uitstalling aan. DIE KUNSTENAARAnne Lacheiner-Kuhn, die Namibies gebore kunstenaar, wat tans in Londen woon, maak van...

ACC: Jaar van aanspreeklikheid lê voor

10 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ondersoek tans 455 sake, terwyl 32 reeds by die prokureur-generaal ingedien is om te besluit of vervolging moet plaasvind.Mnr....