PDM sit voet neer teen Shoprite-geskil
Die PDM versoek dat Nafau en Shoprite tot ’n ooreenkoms kom sodat die staking beëindig kan word.
Kristien Kruger – Die Popular Democratic Movement (PDM) het Dinsdag ’n persverklaring uitgereik wat stel dat hulle sal toetree indien die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) en die Shoprite-groep nie tot ’n wedersydse voordelige ooreenkoms kan kom nie.
“Die PDM is besorg oor die landswye Shoprite-staking, wat op 23 Desember begin het en nog geen einde in sig het nie. Dit is veral problematies in hierdie uitdagende ekonomiese tyd wat deur die coronavirus vererger word,” lui die verklaring wat deur PDM se sekretaris-generaal, mnr. Manuel Ngaringombe, uitgereik is.
Die verklaring versoek dat die bestuur en leierskap van Nafau en Shoprite tot ’n ooreenkoms moet kom wat tot die voordeel van albei partye, asook stakende en nie-stakende werknemers sal wees.
Volgens die verklaring sal die PDM “optree” indien Nafau en Shoprite nie tydens onderhandelinge die geskil kan oplos nie.
“As die geskil voortgaan, sal ons die arbeidskommisaris versoek om in te tree en as bemiddelaar tussen die twee partye te dien in die poging om die kwessie so gou moontlik af te handel.
“Niemand baat by ’n uitgerekte staking nie. Die land moet sy werke beskerm.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie