PDM se nuwe naam nou amptelik in NV
Estelle de Bruyn
Die voorsitter van die PDM, me. Jennifer van den Heever, het Woensdag in die Nasionale Vergadering (NV) amptelik kennis gegee dat die party die naam Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA) vir die Popular Democratic Movement (PDM) verruil het.
Sy het die parlementêre sekretariaat versoek om voortaan alle korrespondensie, skriftelik óf elektronies, aan die party se nuwe naam te rig.
Die speaker, prof. Peter Katjavivi, het hiervan kennis geneem.
Die minister van grondhervorming en hervestiging, mnr. Utoni Nujoma, was dadelik op sy voete.
Hy wou redes vir die naamverandering hê en het toe sy ou deuntjie oor die DTA se koloniale geskiedenis gesing.
Me. Elma Dienda van die PDM was dadelik met 'n antwoord gereed.
“Al die ou DTA's het oorgeloop na die South West Africa People's Organisation (Swapo). Ons wil nie meer bande met hulle hê nie, hulle is nou julle s'n. Dis hoekom ons die naam verander het,” het Dienda gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie