PDM kry Swapo voor stok
Dae voor die tweede nasionale grondberaad plaasvind, neem die spanning toe.
Denver Kisting
Mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisieparty, sê hulle is keelvol vir Swapo se kaskenades.
Venaani het gister op 'n nuuskonferensie gesê die Popular Democratic Movement (PDM) oorweeg tans sy betrokkenheid wat volgende week se grondkonferensie betref.
Volgens hom sal die PDM Maandag hul standpunt oor hul voortgesette betrokkenheid bekend maak.
In die eerste plek is hulle woedend daaroor dat voorvaderlike grondregte na verwagting nie op die beraad bespreek sal word nie.
Hy sê die gemeenskappe, wie se grond destyds volgens hulle onregmatig afgevat is, verdien vergoeding.
Dit is daarom noodsaaklik dat 'n verteenwoordiger van die afstammelinge van die Herero/Nama-volksmoord by die beraad móét praat, maan hy.
Venaani sê Swapo het reeds besluit oor hoe die tweede nasionale grondkonferensie moet verloop.
SPREEKBEURT VERKORT
Om 'n verteenwoordiger van die veterane eerste te laat praat, is 'n bevestiging van dié agenda, sê Venaani.
Swapo moet verstaan dit is 'n verdraaiing van die geskiedenis dat grondonteiening saam met die bevrydingstryd van die 1960's gekom het, sê die opposisieleier.
Venaani sê hy het sy eie afvaardiging gemaan om die konferensie nie by te woon met 'n verdelingsagenda nie.
Hiernaas is hy ongelukkig omdat sy aanvanklike spreekbeurt Maandag 30 minute sou duur.
Dié tyd is sedertdien tot 10 minute beperk.
Hy verteenwoordig die minderheidstem en dring op meer verhoogtyd aan.
Venaani sê die PDM sal teen môre sy amptelike gronddokument bekend stel.
Verskeie pogings is gister aangewend om me. Sophia Shangingwa, Swapo se sekretaris-generaal, en mnr. Utoni Nujoma, die minister van grondhervorming hieroor om kommentaar te nader. Hulle kon teen druktyd nog nie telefonies bereik word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie