PDM bekommerd oor kiesstelsel
PDM bekommerd oor kiesstelsel

PDM bekommerd oor kiesstelsel

Die Popular Movement for Democracy (PDM) het heelwat planne wat vanjaar tot uitvoer gebring moet word.
Jemima Beukes
Jemima Beukes

Die Popular Movement for Democracy (PDM) wil verseker dat die 2019-verkiesing vir ‘n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) vry en regverdig verloop.

Om hierdie rede wil die party ‘n afspraak met die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) belê.

Volgens die president van die party, mnr. McHenry Venaani, het die ECN met die vorige verkiesing onderneem dat elektroniese stemtoerusting in die toekoms ‘n papierrekord sal hê. Dit het volgens Venaani, wat Maandag ‘n nuuskonferensie in Windhoek toegespreek het, nooit gebeur nie.

Hy het die ECN ook daarvan beskuldig dat dit “wanordelike” verkiesings aanbied, wat meebring dat mense vir twee dae in rye moet staan en steeds nie in staat is om te stem nie.

“Ons het nog nooit ‘n akkurate kieserslys gehad nie. Ons wil seker maak hierdie foute word reggestel. Ons wil graag om ‘n tafel met die ECN sit en bespreek hoe om struikelblokke vir geloofwaardige verkiesings uit die weg te ruim,” het Venaani gesê.

Voorts het die PDM met ‘n omvattende hersieningsproses begin. Bestaande lede moet herregistreer deur elk N$10 te betaal.

Venaani voorsien dat die party in 2018 altesaam 200 000 lede sal registreer.

Dit bring mee dat bestaande lede nie as lede beskou sal word tot hulle herregistreer nie.

Die party sal ook wegdoen met die ou lidmaatskapstelsel. ‘n Nuwe lidmaatskapkaart, wat soos ‘n bankkaart lyk, sal ingestel word.

Hierdie veranderinge volg nadat die party verlede jaar sy handelsmerk verander het en ‘n nuwe kenteken gekry en die naam “DTA“ met “PDM” vervang het. Die partykleure is egter behou.

Volgens Venaani sal die nuwe lidmaatskaplys die leiers van die party in staat stel om ‘n doeltreffende databasis te hê en beter met partylede te kommunikeer.

“Ons sal ook ‘n inbelsentrum vir die party tot stand bring sodat ons lede regstreeks met ons kan praat,” het hy gesê.

Die PDM sal ook sy eie interne demokrasie toets deur ‘n verkiesingskongres in die tweede helfte van die jaar te hou. By die kongres sal die topses-posisies in die party gevul moet word.

Die party beoog ook om 700 nuwe takke landswyd te stig. Dit is ter voorbereiding van ‘n nuwe struktuur sodat streekskonferensies gehou kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...