Pastoor steeds op vrye voet
Catherine Sasman - Die twee verhore op klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer sowel as klagte van mensehandel, verkragting, aanranding by wyse van ’n dreigement en bloedskande teen ’n Mennonitiese pastoor is tot November vir verdere ondersoek uitgestel.
Mnr. Pedro Marcelino Moussongela het gister in die Windhoek- én Katutura-landdroshof verskyn waar sy borgtog verleng is. Die verhore is onderskeidelik tot 28 en 29 November uitgestel.
’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is op 1 Maart teen hom uitgereik toe Moussongela versuim het om vir die verhoor op die klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer in die Windhoek-landdroshof op te daag.
Moussongela het egter aangevoer hy het nie geweet dat hy op daardie dag in die Windhoekse landdroshof moes verskyn het nie.
Aangesien die lasbrief egter uit die polisiedossier verdwyn het, het die staat dit ingetrek.
Die borgtogvoorwaarde is dat Moussongela nie kontak mag maak met die ma van sy kind wat hy na bewering wou ontvoer het nie.
Moussongela, geklee in ‘n geborduurde baadjie en swart leerbroek, het later die dag ook vlugtig in die Katutura-landdroshof op die ernstiger klagte van mensehandel, verkragting, dreigende aanranding en bloedskande verskyn.
Volgens betroubare inligting was Moussongela reeds verskeie kere deur die Namibiese polisie en immigrasiebeamptes in die ministerie van binnelandse sake en immigrasie in hegtenis geneem, maar polisiedossiere het na bewering verdwyn of ondersoeke was nie voldoende nie en klagte moes teruggetrek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie