Pastoor dood ná krokodil hom byt
'n Krokodil het 'n pastoor van Ethiopië aangeval terwyl hy 'n kerkganger gedoop het.
Die BBC berig dat pastoor Docho Eshete die doop in die Abaya-meer in Arba Minch in die suide van die land behartig het.
Die krokodil het hom aan sy hande, bene en rug gebyt terwyl sowat 80 mense die grutoneel aanskou het.
Die mense het 'n visnet gebruik om te keer dat die krokodil die pastoor in die water intrek. Hy is egter dood aan veelvuldige bytwonde.
“Hy het die eerste persoon gedoop en toe aanbeweeg na die volgende een. Skielik het 'n krokodil uit die water gespring en die pastoor gegryp. Hy het sy kake om die pastoor geslaan,” sê Ketema Kairo luidens 'n berig op Mail Online.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie