Paspoorte eers Oktober hier

24 September 2019 | Ministeries
Henriette Lamprecht – Die groen paspoortboekies wat vroeg vandeesmaand in die land verwag is, gaan nou eers hul opwagting in Oktober maak.

Dít nadat die masjien wat die boekies druk glo gebreek het en daar gesukkel is om die stukkende parte in die hande te kry.

Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van binnelandse sake en immigrasie, mnr. Etienne Maritz, word die nuwe voorraad boekies “hopelik” aanstaande maand verwag.

Maritz kon nie die presiese datum verskaf wanneer die boekies uiteindelik hul opwagting sal maak nie.

“Ek sal teen die einde van die week meer weet oor watter datum,” het hy gesê.

Volgens Maritz is daar steeds genoeg boekies vir noodgevalle beskikbaar. Die noodgevalle sluit mediese, sake- en studie-oorwegings in.

Elk van dié aansoeke word deur ‘n spesiale komitee op meriete oorweeg.

Maritz het gerugte ontken dat die bruin paspoortboekies wat as tussentydse maatreël uitgereik is, ook nou op is.

“Daar is steeds bruin paspoortboekies beskikbaar.”

Hy het ook gesê mense wat reeds hul aansoeke vir paspoorte ingedien het, is steeds op die stelsel en sal gehelp word sodra die groen paspoortboekies hul verskyning maak.

Die nuwe paspoorte sal voortaan 10 jaar in plaas van net vyf jaar geldig wees.

Dit geld vir nasionale, diplomatieke en amptelike paspoorte.

Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, het vroeër gesê dit is duur om ‘n paspoort te bekom en die verlenging sal mense wat nie gereeld reis nie, meer tyd gun om hul paspoort te gebruik.

Soortgelyk

 

Geval nr. 22 se toestand kritiek

9 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

9 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

9 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...

'n Vars bries vir die teaterbedryf

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Kunstenaars wat hoop om hul produksies of idees deur die Nasionale Teater van Namibië (NTN) te vervaardig, kan nou hul voorleggings vir 2021 en 2022...