Pasgebore baba toets twee keer negatief
Pasgebore baba toets twee keer negatief

Pasgebore baba toets twee keer negatief

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - 'n Pasgebore baba wat die naweek aanvanklik as Namibië se geval 362 van Covid-19 aangemeld is, het twee keer daarna negatief vir die siekte getoets. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, het twee opvolgtoetse onderskeidelik 24 uur en 72 uur ná die baba se geboorte negatief vir Covid-19 getoets. Volgens Shangula beteken dit die aanvanklike positiewe uitslag was as gevolg van besmetting van die ma wat Covid-19-positief is. Die geval word dus van die register vir positiewe gevalle afgehaal.

Namibië het gisteroggend 55 nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken wat die totaal op 593 te staan bring. Twee van die gevalle is buitelanders op 'n vaartuig.

Volgens Shangula is 53 van die gevalle van Walvisbaai en twee van Windhoek. Uit die 53 gevalle op Walvisbaai is 43 bemanningslede waarvan drie van hul kollegas reeds vroeër positief getoets het.

Uit die twee gevalle in Windhoek is een op 19 Junie uit Walvisbaai na die hoofstad vir mediese redes verwys en in die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem. Die ander geval in Windhoek is 'n kontak van 'n positiewe geval.

Volgens Shangula is 48 van vandag se gevalle mans en sewe vroue. Die jongste is twee jaar oud en die oudste 60. Nog 'n Namibiese vragmotorbestuurder is in Botswana onderweg na Suid-Afrika positief vir Covid-19 getoets. Hy is ook met sy terugkeer na Namibië in isolasiegeriewe in Gobabis geplaas. Aangesien hy in die buurland getoets is, val hy onder dié land se gevalle. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A