Pas jou rug op

15 October 2018 | Gebeure
Tanja Bause - Môre word Wêreldruggraatdag met die tema “Wees lief vir jou ruggraat” gevier.

Lede van die Namibiese Chiropraktisynsvereniging en van hul pasiënte het in Zoo Park in Windhoek bymekaargekom om die “Straighten Up”-oefenprogram vir ’n reguit ruggraat te doen om bewustheid vir dié dag te skep.

Mense van oraloor die wêreld kom jaarliks op 16 Oktober bymekaar om bewustheid van ruggraatsiektes of -afwykings te skep.

Miljoene mense wêreldwyd ly aan ruggraatsiektes of -afwykings.

Dít sluit laerugpyn, nekpyn, skoliose en werwelsiektes in.

Spinale pyn en gestremdheid kan verreikende gevolge vir 'n individu se algemene gesondheid hê, en selfs voorkom dat hulle kan werk of aan daaglikse aktiwiteite kan deelneem.

Die “Straighten Up”-program behels ’n paar eenvoudige oefeninge en leefstylaanbevelings wat slegs ’n paar minute per dag neem om te voltooi.

Dit bevorder ’n beter postuur en stabilisering van die liggaam se kernspiere, wat rugprobleme help voorkom.

Soortgelyk

 

Padgebruik al duurder

1 uur gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

1 uur gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

12 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

12 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

12 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

12 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

12 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...