PAS IN: NRU stel twee klubfinale uit
Rugby
Die Namibië Rugby-unie (NRU) het in ’n nuusverklaring aangekondig dat komende Saterdag se bestemde eindstryde van beide die Premierliga en Reserweliga met ’n week tot 30 Oktober uitgestel is.
Luidens die verklaring het “buitengewone omstandighede” na vore gekom en is “baie ernstige klagte” in ’n protesbrief deur “een van ons klubs rakende die uitslag van die semifinale” aanhangig gemaak.
“Die NRU en die dissiplinêre komitee beskou nakoming van sy regulasies in ’n ernstige lig sover dit die NRU se ligas en kompetisies betref. Die NRU-raad het geen ander keuse as om die eindstryde van die Premier- en Reserweliga tot 30 Oktober uit te stel nie.”
Die finaal van die Eerste Liga (Sparta van Walvisbaai teen FNB Unam III) word steeds op 23 Oktober in die Hage Geingob-stadion gespeel. Die afskoptyd is nou 14:00.
Namibia Media Holdings sal gevolglik nie meer die naweek se rugbyfinale regstreeks beeldsend, soos ons van plan was om te doen nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie