PAS IN: Namibiër besorg tienman-Sundowns dramatiese wenpunte
Sokker
Peter Shalulile het twee vernuftige doele behaal in Mamelodi Sundowns se dramatiese sege met 2-1 in ’n wegwedstryd teen Black Leopards in die DStv Premierliga Woensdagaand in die Thohoyandou-stadion.
Die Namibiër het die wendoel diep in beseringstyd behaal om die “Brazilians”, met net tien spelers ná ’n rooi kaart, boaan die puntelys te plaas.
Dié sege beëindig ’n string van drie opeenvolgende gelykopwedstryde en plaas Sundowns drie punte voor die tweede geplaaste SuperSport United en Swallows FC.
Rustyd was dit 0-0, met die beste kans van die helfte toe Shalulile ná 17 minute die regoppaal getref het met ’n kopstoot van sy spanmaat Kermit Erasmus se aangee van die regtervleuel af.
Black Leopards het binne een minuut ná die hervatting die voortou geneem met ’n treffer deur Ovidy Karuru.
Die gasheerspan is egter geskud deur ’n liederlike, ongelukkige kopbotsing tussen die spanmaats Lifa Hlongwane en Sibongiseni Mthethwa wat beide se wedstryd beëindig het. Hlongwane is inderdaad ná ’n lang vertraging vir behandeling op die veld per ambulans hospitaal toe geneem.
Sundowns se gelykmaker is in die 64ste minuut behaal toe die plaasvervanger Gaston Sirino ’n akkurate lae dwarsskop van regs in Shalulile se rigting gestuur het. Hoewel die verdediger Tebogo Makobela tussenbeide gekom en die bal halfpad gekeer het, het dit met ’n boog in die Namibiër se rigting geseil om met ’n akrobatiese sprong die bal in die doelnet te skop (1-1).
Net twee minute later is die Brazilians tot tien spelers beperk toe Mothobi Mvala ’n rooi kaart gekry het omdat hy Rodney Ramagalela voor ’n oop doelkas teruggetrek het.
Ondanks dreigende gevaar aan beide kante het dit gelyk asof die wedstryd op nóg ’n gelykopuitslag afstuur, maar met tien minute beseringstyd was daar altyd potensiaal vir drama.
Lesedi Kapinga, tevore van Leopards, het ’n skop doelkas toe gewaag wat Shalulile puik onder beheer gekry en verby die doelwagter gestuur het om die wenpunte vir die besoekers in te palm.
Beide spanne is komende naweek weer in aksie in die DStv Premierliga. Leopards speel Saterdag tuis teen TS Galaxy, terwyl Sundowns die volgende namiddag teen Chippa United opgeweeg word.
– SuperSport
KYK die eerste doel:
https://twitter.com/SuperSportTV/status/1354475129900822532

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie