PAS IN: Geen toeskouers sien Namibiër veg in New York
Boks
Die coronavirus-pandemie het die promotors van die Namibiese bokser Sakaria Lukas se geveg Saterdagaand in New York genoop om aan te kondig dat die ganse byeenkoms sonder toeskouers gehou sal word.
“Om die gesondheid en veiligheid van boksgeesdriftiges te verseker, het Top Rank aangekondig dat daar geen toeskouers by ons boksbyeenkomste op 14 en 17 Maart in Madison Square Garden sal wees nie.
“Die enigste individue aan wie toegang verleen sal word, is die noodsaaklike produksie- en ondersteuningspersoneel, die vegters en die lede van hul spanne.
“Beide geleenthede sal steeds regstreeks op hul onderskeie ESPN-platforms gebeeldsend word.
“Sover dit toekomstige geleenthede betref, bly Top Rank in konsultasie met sy venue-vennote en sal tydige aankondigings maak.
“Volle terugbetaling aan diegene wat kaartjies gekoop het, sal by die verkooppunte beskikbaar wees.”
Sakaria Lukas van Namibië, die WBO Afrika-veergewigkampioen, is ondanks sy onoorwonne status (23-0, 16 uitklophoue) die volslae buiteperd teen die Amerikaner en voormalige wêreldkampioen jessie Magdaleno (27-1, 18 uitklophoue).
Lukas is die eerste Namibiese bokser in die geskiedenis wat in New York se geskiedkundige Madison Square Garden-arena sal boks.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie