PAS IN: Eagles oortref Zim se teiken van 304
Honderdtalle vir Van Lingen en Erasmus
Honderdtalle deur Michael van Lingen en sy kaptein Gerhard Erasmus in ’n puik vennootskap van 207 het die Namibiese Eagles Vrydag in staat gestel om die tweede Castle Lite-eendagwedstryd teen die Ontluikende Zimbabwe-span met ses paaltjies te wen.
Die toerspan het verreweg sy mees kompeterende vertoning sover gelewer met sy kolftotaal van 304 almal uit in 49 boulbeurte.
Kolwer nommer agt Carl Mumba het van die medisyne uitgedeel wat sy span sover van die Namibiërs moes opvreet, toe hy 80 lopies van net 33 balle geblits het, met nege sesse en drie viere.
Mumba het sy vyftigtal met sy 24ste bal op die telbord geplaas, toe hy die eerste van drie sesse in ’n boulbeurt van die draaier Picky ya France gemoker het.
Hy het voortgebou op die grondslag wat Mathew Welch (21), Steven Saul (38), Chamu Chibhabha (31), Brian Chari (62) en Richmond Mutumbami (42) voor hom gelê het.
Shaun Fouché het vier paaltjies vir 30 lopies in vyf boulbeurte ingepalm. Hy het van onder andere van Mumba ontslae geraak deur hom skoon te boul.
Jan Frylinck het die eerste twee deurbrake gemaak deur beide die aanvangspaar Welch en Paul uit te hardloop. As aanvangsbouler het hy 2/24 in 7 boulbeurte geneem.
Net soos in die vorige wedstryd het Namibië sy aanvangskolwer Zane Green vir ’n nulletjie verloor.
Michael van Lingen het sy kolfkans op nommer drie aangegryp. Hy het saam met Stephen Baard (36 van 31 balle) gekonsolideer, waarna Gerhard Erasmus by hom aangesluit het.
Van Lingen (115 van 113 balle) het tien viere en drie sesse geslaan, voordat hy ’n vangkans agter die paaltjies gebied het.
Sy kaptein Erasmus het uiteindelik sy honderdtal (103 nie uit nie, 120 balle) op die telbord geplaas toe hy met die eerste bal van die 49ste boulbeurt sy sesde vierhou (benewens drie sesse) geslaan het.
Van Lingen is as speler van die wedstryd aangewys – die vyfde verskillende Namibiese speler ná die eerste vyf wedstryde van die Castle Lite toer van T20- en eendagwedstryde.
• Die toer word Sondag afgesluit met die laaste eendagwedstryd, vanaf 11:30 by die Wanderers-veld.
FOTO’s: Batch Loftie-Eaton

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie