PAS IN: Cosafa skop vier spanne uit o.17-toernooi

20 November 2020 | Sport
Die diskwalifikasie van Botswana, Comores, Eswatini en Zimbabwe van die 2020 Cosafa seuns onder 17 sokkertoernooi vanweë hul insluiting van spelers ouer as wat toegelaat word, het wysigings genoodsaak in die toernoio wat nou Sondag in Port Elizabeth, Suid-Afrika, sal begin.
Die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se komitee vir jeugkompetisies het beslis die vier spanne is geskors uit die kwalifiserende streektoernooi vir die volgende Afrika Nasiesbeker (aangebied in Marokko in middel 2021).
Elk van die lande het minstens een speler gehad wat in hul magnetiese weerklankbeeldtoets (MRI-skandering) gefaal het wat voor die toernooi in die gasheerland uitgevoer is.
Die toernooi se regulasies hieromtrent is duidelik:
“8.5 ’n Toets vir spelers se kiesbaarheid op grond van hul ouderdom is verpligtend en sal uitgevoer word op alle spelers by aankoms in die gasheerstad. Die toetse word by CAF se mediese sentrum uitgevoer met gebruik van MRI-skanderingsapparaat. Die koste van die toetse word deur CAF gedra.
“8.6 In die geval waar ’n deelnemende span een of meer spelers oplewer wat nie die MRI-toets vir kiesbaarheid slaag nie, sal die betrokke span gediskwalifiseer word en so vroeg as prakties moontlik huiswaarts terugkeer.”
MRI-skanderings word oor die wêreld heen gebruik om vas te stel of spelers jong genoeg vir ouderdomskompetisies (vernaam o.17) is.
Dokters kyk na die vergroeiing van gebeente in die menslike gewrig, wat hoogs onwaarskynlik is om voor die ouderdom van 17 jaar te gebeur. Die akkuraatheid van die toetsing word op meer as 99% gestel. Wanneer die vergroeide been op die MRI-skandering te sien is, dien dit as bewys dat die speler ouer as 17 jaar is.
Botswana, Comores, Eswatini en Zimbabwe se straf is dat hulle buite rekening vir die volgende twee o.17 Afrika Nasiebekertoernooie sal bly en dus ook geen kans op deelname aan die volgende Fifa o.17 Wêreldbeker sal hê nie.
Die 2020 Cosafa seuns o.17-kampioenskap begin nou Sondag met vier oorblywende spanne, wat sake op ’n rondomtaliegrondslag sal uitspook. Twee spanne vorder na die finaal op 29 November.
Suid-Afrika, as gasheerspan open nou sy toernooi teen Malawi. Die openingswedstryd sal vroeër tussen Angola en Zambië wees.
– Cosafa.com

Soortgelyk

 

43 leerlinge, 3 onderwysers deel van nuwe Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Uit die 99 nuwe Covid-19-gevalle is 43 leerlinge en drie onderwysers. Uit die 52 nuwe gevalle in Windhoek is 37 leerlinge, waarvan 32 van die...

Twee sterftes, 50 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

'n Kontak van 'n bevestigde geval op Rehoboth wat sy oorsprong by 'n begrafnis op die dorp het, is een van twee Covid-19-verwante sterftes wat...

Passion to positively impact young lives in Namibia

2 dae gelede | Mense

Monique AdamsSteven Bernardus Harageib is the head of programmes at the One Economy Foundation and a strong advocate of the youth, with a particular focus...

Lekker koel op ’n warm dag

2 dae gelede | Infrastruktuur

Tanja BauseVir die kinders in Otjomuise het Kersfees dié jaar baie vroeg gekom toe ’n padskraper ’n waterpyp op die hoek van München- en Marseillestraat...

'Red die Delta’

2 dae gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer – ’n Wekroep deur drukgroepe klink al harder op teen Reconnaissance Energy Namibia (ReconAfrica) se plan om in die tweede helfte van Desember...

Stembriewe op laaste nippertjie oorgedruk

2 dae gelede | Politiek

Kristien Kruger - Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister tydens ’n inligtingsessie oor die streekraads- en plaaslike owerheidsverkiesings by hul hoofkantoor in die hoofstad...

Troukoors loop hoog ­ondanks pandemie

2 dae gelede | Byvoegsels

Vanjaar is sowat 120 inskrywings vir Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie ontvang. Uit die 120 paartjies het Joel en Rebecca Eelu uiteindelik die meeste...

Drankmisbruik ‘n mindere faktor in kinderhuwelike

2 dae gelede |

Die opskrif van ‘n berig in gister se uitgawe het alkoholmisbruik as ‘n vername oorsaak van kinderhuwelike voorgestel.Die verslag self het nie so ‘n bevinding...

Moving outside your comfort zone

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSandy-Lee de Klerk has the amazing ability to find beauty even in the seemingly worst of situations. “My favourite part of my life is...