Parys-aanval: 'Daar was chaos in die strate'
Frankryk het die afgelope naweek weer onder 'n terrorismeaanval deurgeloop.
Die mesaanval in die Franse middestad waarin verskeie mense Saterdag beseer is, het die lewe van die aanvaller geëis, het 'n polisiebron bevestig.
'n Franse polisiebeampte sê die man verantwoordelik vir die aanval in sentraal-Parys is in 1997 in Tsjeggië gebore en sy ouers is in aanhouding.
Die beampte het gister gesê die man is wel 'n Franse burger.
Die Franse minister van binnelandse sake sou gister 'n spesiale veiligheidsvergadering na aanleiding van die aanval bywoon, waarvoor die Islamitiese Staat (IS) reeds verantwoordelikheid aanvaar het.
Die polisie het die aanvaller doodgeskiet ná hy Saterdag 'n 29-jarige man doodgesteek het en vier ander mense in 'n voorstad naby die Opera Garnier beseer het.
The Telegraph berig die polisie het die gebied ná die aanval afgesper.
Die BBC berig ooggetuies het vertel van paniek in die strate, en hoe mense by restaurante en kafees ingehardloop het. Hulle het vertel polisiebeamptes het eers 'n skokstok op die aanvaller gebruik, en toe twee skote afgevuur toe dit hom nie kon keer nie.
Frankryk het die afgelope drie jaar onder verskeie terrorismeaanvalle deurgeloop. – Netwerk24 en News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie