Partylys: PDM gaan appelleer
Partylys: PDM gaan appelleer

Partylys: PDM gaan appelleer

Die leier van die amptelike opposisie sê ofskoon hulle die oppergesag van die wet respekteer, kan hulle nie na die hof se pype dans nie.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, het gistermiddag gesê die amptelike opposisie gaan appelleer teen ’n kieshofuitspraak.

Kragtens dié bevinding moet die PDM vier ingesweerde LP’s vervang met vier ander vanweë ’n geskil oor die party se lys van kandidate vir die Nasionale Vergadering (NV).

Venaani sê gister se uitspraak laat nie geregtigheid geskied aan regsreëls nie. “Die uitspraak het ’n aantal foute.”

Derhalwe gaan hulle hul tot die hooggeregshof wend, sê hy.

Hul appèl gaan geskoei wees daarop dat ’n wet nie verhewe bo die Grondwet kan wees nie.

“’n Leier kan nie gekies word op grond van ’n tegniese punt nie.”

Hy sê tot die appèl afgehandel is, sal hulle nie die kieshof se bevinding uitvoer om vier van hul LP’s met vier ander te vervang nie.

Die opposisieleier het ook die tydsberekening van gister se hofuitspraak bevraagteken. Syns insiens is dit ’n polities gedrewe uitspraak om aandag af te lei van die ontvouende Fishrot-sage. “Ek is nie verantwoordbaar aan howe nie – ek is verantwoordbaar aan die mense wat vir die PDM gestem het.”

Sou die hooggeregshof uiteindelik ook nie in hul guns beslis nie, sal hulle dié uitspraak eerbiedig, sê hy.

Agtergrond

Venaani het vroeër by navraag gesê sommige lede van sy party probeer hul weg parlement toe stoomroller.

Dít het gekom nadat vier PDM-lede die party en die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) hof toe gesleep het.

In ’n brief gedateer 6 Februarie 2020 het die Windhoekse prokureur mnr. Norman Tjombe namens die vier gegriefde partye, me. Charmaine Tjirare, mnr. Hidipo Hamata, me. Yvette Araes en mnr. Max Katjimune, aan die hoofkiesbeampte van die ECN, mnr. Theo Mujoro, hul griewe gelug.

Tjombe het gesê sy kliënte se name is voor verlede jaar se nasionale verkiesings aan die ECN voorgelê vir oorweging om as kandidate vir die NV te staan.

Volgens die prokureur was die viertal onderskeidelik in posisies 12, 13, 14 en 17 op die PDM se parlementslys.

Die party het in die NV-verkiesing op 27 November 16,65% van die stemme op hom verenig wat ’n totaal van 16 setels beteken.

Tjombe het vroeër gesê mnr. Reggie Diergaardt, wat die party onsuksesvol in die tussenverkiesing in die Khomasdal-kiesafdeling verteenwoordig het, was in die 15de posisie, maar het ná verlede jaar se verkiesing bedank.

Dít het meegebring dat die vier ongelukkige lede almal vir ’n stoel in die NV in aanmerking gekom het omdat elkeen een plek opgeskuif het weens Diergaardt se bedanking.

Die prokureur sê die lede moes sedertdien tot hul skok van ’n ander lys kennis neem.

Hy het onder meer gevra dat die nasionale kiesliggaam die NV-aankondiging wat PDM-lede betref, opskort tot die geskil besleg is.

Adv. Notemba Tjipueja, voorsitter van die ECN, het teen gistermiddag nog nie op navrae oor die hofuitspraak kommentaar gelewer nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 296.99/OZ DOWN -0.0155 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0304 | Zinc US$ 2 854.30/T DOWN -1.93% | Brent Crude Oil US$ 85.99/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 949.56/OZ UP +0.02% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 296.99/OZ DOWN -0.0155 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0304 | Zinc US$ 2 854.30/T DOWN -1.93% | Brent Crude Oil US$ 85.99/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 949.56/OZ UP +0.02%