Partye het die mag
Op Rehoboth word in talle oorde gejubel oor Donderdag se skorsing van dié sukkeldorp se raad.
Tereg kan gevra word hoekom nou eers?
In die boodskap wat mnr. Derek Klazen, adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, namens minister Peya Mushelenga oorgedra het, is erken hoeveel jare die probleme al voortduur. Dit is goed dat “nuwe besems” skoon vee, maar sulke ingryping moet vinnig en konsekwent geskied.
Rehoboth is nie die enigste dorp of nedersetting waar inwoners die slagoffers van wanbestuur en verlammende gevegte binne rade en tussen rade en besture is nie.
In dieselfde asem behoort die situasie nie te ontstaan waarin die sentrale regering links en regs met 'n ystervuis moet toeslaan om plaaslike owerhede reg te ruk nie. Die betrokke ministerie is die toesighouer, maar politieke partye het ook 'n plig om sake reg te ruk wanneer goeie bestuur in duie stort. Politieke partye kan selfs vinniger ingryp en het die mag om raadslede te verwyder en te vervang.
Die feit dat dit feitlik nêrens gebeur nie, dui op 'n disfunksionaliteit in demokrasie op voetsoolvlak – iets wat byna 28 jaar ná onafhanklikheid deel is van 'n algemene bekommernis oor die lewenskragtigheid van die Namibiese demokrasie.
Verkose raadslede is verantwoording verskuldig aan alle inwoners; nie net diegene wat gestem het nie. Op Rehoboth byvoorbeeld was daar talle openbare eise vir optrede.
As sulke gebeure politieke partye nie tot optrede kan dwing nie, sal inwoners se woede en pessimisme groei dat leiers hulle in die steek laat.
So sê ander
18 Maart 2018
How Facebook's destructive ethos imperils democracy
Facebook likes to present itself as a tech company, but often appears more like an advertising corporation that happens to use digital technology in order to conduct its core business.
The information that Facebook holds on its users (at least 98 data points per user) is deeply revealing. For political campaigners, this is the purest gold dust, because it enables messages to be precisely calibrated, and for this to be done at a scale that was unimaginable in the pre-internet era.
The revelations we publish today as part of an award-winning investigation by Carole Cadwalladr should serve as a wake-up call for governments and regulators.
Facebook represents a new kind of corporate power, the dimensions of which are only now becoming apparent.• THE OBSERVER

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie