• Tuisblad
  • Afrika
  • Parlement vrees 'skermutselinge' oor grensverdrag met buurland

Parlement vrees 'skermutselinge' oor grensverdrag met buurland

‘n Ondersoek deur ’n staande komitee van die Nasionale Raad het ‘n potensiële oorlog met Botswana afgeweer.
Ellanie Smit
Ellanie Smit

Die grensooreenkoms tussen Botswana en Namibië wat in 2018 onderteken is, kan tot potensiële konflikte en skermutselinge tussen die twee lande lei, het ’n ondersoek deur ’n parlementêre staande komitee bevind.

“Hierdie klein kwessies kan tot ernstige konflikte lei wat uiteindelik in ’n siviele oorlog en oorgrenskonflikte kan ontaard,” lui ’n verslag deur die staande komitee oor binnelandse sake, sekuriteit, konstitusionele en regsake.

Die fokus van die ondersoek – wat van 20 September tot 6 Oktober gedoen is – was op die gevolge van die aggressiewe optrede van Botswana se weermag (BDF) op die Namibiese mense wat langs die grens tussen Botswana en Namibië woon, asook hoe beweerde vyandigheid toerisme-aktiwiteite in die gebied beïnvloed het.

Namibiese gemeenskappe wat langs die riviere woon wat aan Botswana grens, het ’n gevoel van nasionale veiligheid en ‘n groot deel van hul lewensbestaan verloor as gevolg van die BDF se aggressiewe optrede, wat gelei het tot die dood van drie Namibiese broers en hul Zambiese neef.

Hierdie is van die bevindinge van die komitee wat die veiligheidsituasie by die Chobe-, Kwando en Linyantirivier in die Zambezi ondersoek het.

Altesaam 223 openbare verhore is gehou en 32 skriftelike voorleggings is ontvang en ontleed.

Volgens inwoners het hul saailande, eilande waarop hulle staatgemaak het vir visvang en ander natuurlike hulpbronne, deel van Namibië gevorm voor die ondertekening van die 2018-verdrag, en is nou geannekseer as Botswana-gebied.

Gemeenskappe leef in konstante vrees om hul lewens aan die hand van die BDF te verloor, tot die punt dat normale huishoudelike take om water uit die rivier te skep, riete af te sny, of diere op te pas, lewensgevaarlik geword het.

Die verslag het bygevoeg daar was ‘n aansienlike afname in visvang en in Namibië se weidingsaktiwiteite langs die riviere, aangesien die meeste gemeenskappe verward en bang is om met hul daaglikse take voort te gaan.

“In terme van lewensbestaan gebeur amper niks langs die rivier nie.”

GEEN RESPEK

Luidens die verslag was dit duidelik tydens ‘n inhuldigingsessie in Katima Mulilo dat die BDF se aggressiewe dade getoon het hulle respekteer nie die lewens en regte van die Namibiese mense nie.

“Die aggressiewe optrede het daartoe gelei dat 70 Namibiërs van die Situngu-eiland aangehou is. Onder diegene wat in hegtenis geneem is, was verwagtende moeders en kinders.”

Die verslag lui verder die BDF se vyandigheid was onoordeelkundig, gerig op vissers, beeswagters, grassnyers, toerisme-operateurs, bestaansboere en selfs mense wat net die rivier aan die Namibiese kant besoek.

Die aggressiewe optrede het behels dat lede van die BDF Namibiese vissermanne aangesê het om hul nette en hul visvangste te los, en gras- en rietsnyers is gedwing om die gebiede te ontruim wat tradisioneel as hulle gebied bekend staan. Selfs graslelie-versamelaars is nie gespaar nie, aangesien hulle hardhandig uit die water gejaag is en aangesê is om nooit weer ‘n voet in Botswana se waters te sit nie.

BDF-soldate het hul wapens op individue wat visvang, gras sny of na beeste kyk op die Namibiese kant van die rivier gerig en hulle beveel om na Botswana oor te gaan, luidens die verslag.

“Uit vrees dat hulle geskiet sal word, het die onskuldige mense in Botswana ingegaan. Wanneer hulle hul voet op die rivieroewer neersit, word hulle daarvan beskuldig dat hulle die rivier onwettig oorgesteek het.”

Hulle mag niks sê nie en word dan summier na die BDF-kampe geneem, lui die verslag.

VREEDSAAM EN VOLHOUBAAR

Die verslag maak verder melding van verskeie voorvalle waar BDF-lede toeriste gedreig het. Waar soldate onder meer vuurwapens op toeriste gerig het, konfrontasies en toeriste wat selfs in hegtenis geneem is.

Die verslag maak ook melding van BDF-lede wat die grens onwettig na Namibië oorgesteek het om weiding aan die brand te steek om te verhoed dat wilde diere na Namibië kom.

Die komitee het onder meer aanbeveel die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit moet ‘n vreedsame en volhoubare benadering prioritiseer om die gemeenskappe teen intimidasie en teistering deur BDF-lede te beskerm, en om verslag aan die Nasionale Raad te doen om ’n vermindering in BDF-aggressie te bewys.

Die afwesigheid van sigbare bakens in die riviere as noodsaaklike afbakening van grense is ook as belangrike bydraende faktore uitgelis wat plaaslike gemeenskappe aan onnodige BDF-aggressie blootstel, aangesien inwoners nie weet wanneer hulle na die Botswana-gebied oorgaan nie.

’n Aanbeveling is dus gemaak vir die ministerie van landbou, water en grondhervorming om op die installering van bakens te fokus.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 860.10/T UP 1.92% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 860.10/T UP 1.92% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15%